Ons het die woord 'ou' in die laaste les bietjie bespreek...
As selfstandige naamwoord is dit 'n maklike woord om te vertaal.
dit beteken: vriend, jongen.
Maar as dit as byvoeglike naamwoord gebruik word, is dit lastiger.
Ek het self ook gedink aan die engelse uitdrukking 'good old times'.. wat hier nie spesifiek 'oud' beteken nie.
Die woord is nie (maklik) te vertaal na Nederlands nie.
Dus sal ek dit vir julle verduidelik in sinne/ 'n storie :
1. Dit kan 'n soort troetelwoordjie wees voor 'n naam van 'n persoon; díé persoon (hoender, hond ens) is dan 'n dierbaar iemand vir die spreker. (sien die verhaal van 'my mense' bv. ou Piet van KORTOM )
2. Verder natuurlik as dit 'oud' beteken, bejaard. 'Die ou tante is al 88 jaar oud. (hier beteken tante dus 'n regte tante, suster van jou pa of ma)
3. Of dit word gebruik om teleurstelling of moedelose verdraagsaamheid uit te druk. Vergelyk hiervoor die storie van die die Klein Blou Trekkertjie.
4. In 'n sin soos 'My ou seuntjie is hartseer' dui dit op bejammering/simpatie/meegevoel.