Posts tonen met het label klassikaal. Alle posts tonen
Posts tonen met het label klassikaal. Alle posts tonen

woensdag 2 juli 2025

Psalm 150


Psalm 150

HALLELUJA! Loof God in sy heiligdom, loof Hom in sy sterk uitspansel!
Loof Hom oor sy magtige dade, loof Hom na die volheid van sy grootheid!
Loof Hom met basuingeklank, loof Hom met harp en siter;
loof Hom met tamboeryn en koordans, loof Hom met snarespel en fluit;
loof Hom met helder simbale, loof Hom met klinkende simbale!
Laat alles wat asem het, die HERE loof! Halleluja!




Die vriendelike voëlverskrikker




 

dinsdag 17 juni 2025

Psalm 105


Psalm 105 vers 1-11


Loof die HERE, roep sy Naam aan, maak onder die volke sy dade bekend.

Sing, psalmsing tot sy eer, spreek van al sy wonders.

Beroem julle in sy heilige Naam; laat die hart van die wat die HERE soek, bly wees.

Vra na die HERE en sy sterkte; soek sy aangesig altyddeur.

Dink aan sy wonders wat Hy gedoen het, aan sy wondertekens en die oordele van sy mond, o nageslag van Abraham, sy kneg, o kinders van Jakob, sy uitverkorenes!


Hy, die HERE, is onse God; oor die hele aarde is sy oordele.

Hy dink vir ewig aan sy verbond, aan die woord wat Hy ingestel het vir duisend geslagte- die verbond wat Hy met Abraham gesluit het, en sy eed aan Isak;
wat Hy ook vir Jakob as insetting bekragtig het, vir Israel as 'n ewige verbond,
met die woorde: Ek sal aan jou die land Kanaän gee, julle aangewese erfdeel.


woensdag 4 juni 2025

dit gaan ons verbeter in die klas

Hierdie is my huiswerk.

Goedemôre,
Hier myn huiswerk in 'n lêer. 
Die lêer bevat opdrag 2 en 4.
Met vriendelijke groet


****

Ek het die huiswerk gestuur. Het u die huiswerk nie gezien?

Ek sal het nog een keer stuur.

Daar is nie 'n whiteboard. 

Maar in 'n lokaal naby is 'n whiteboard. 

Ek sal sorg dat ek die in H406 krijg! 

Ja, ek het tyd om die drukwerk te gaan haal! 
Ek sal dat doe. 

In die bylage die huiswerk voor die les van môre.


Hierdie my huiswerk vir les 3. 


Ek heb mijn huiswerk in die bijlage gezet. 


In lokaal H105 is Een beamer vir die laptop en ‘n whiteboard.  Dus H105 is gereserveer in plaats van C008! 

Ons wil sorry zeggen voor die onduidelijkheid.
Ons snap er nie veel meer van nie. 
Soveel epos en verschillende berichte.


En ons wil dan Dinsdag die ander lesse plan met ekaar.
Is dat goe vir jou?

Ek sal die liedjie leren uit die kop. 

Dis is’n geruime tyd gelede dat ons met mekaar gepraat het via die epos. Die volgende week gaan ek naar Suid-Afrika toe vir 4 weke .

 Hierdie huiswerk.

In de bijlage vindt je mijn opdrachten voor de afrikaanse les 3.

Hierdie huiswerk vir die les.


in de bijlage staat mijn document met huiswerk voor afrikaans.
wat over mijzelf vertellen heb ik nog niet helemaal af, maar zou daar graag in de les tijd aan willen besteden als dat kan?


dinsdag 3 juni 2025

Die uitnemendheid van die liefde - 1 Korintiërs 13

Die uitnemendheid van die liefde

Al sou ek die tale van mense en engele spreek, en ek het nie die liefde nie, dan het ek 'n klinkende metaal of 'n luidende simbaal geword.

En al sou ek die gawe van profesie hê en al die geheimenisse weet en al die kennis, en al sou ek al die geloof hê, sodat ek berge kon versit, en ek het nie die liefde nie, dan sou ek niks wees nie.

En al sou ek al my goed uitdeel, en al sou ek my liggaam oorgee om verbrand te word, en ek het nie die liefde nie, dan sou dit my niks baat nie.

Die liefde is lankmoedig en vriendelik; die liefde is nie jaloers nie; die liefde praat nie groot nie, is nie opgeblase nie, handel nie onwelvoeglik nie, soek nie sy eie belang nie, word nie verbitterd nie, reken die kwaad nie toe nie, is nie bly oor die ongeregtigheid nie, maar is bly saam met die waarheid.

Dit bedek alles, glo alles, hoop alles, verdra alles.

Die liefde vergaan nimmermeer; maar profesieë -- hulle sal tot niet gaan; of tale -- hulle sal ophou; of kennis -- dit sal tot niet gaan.
Want ons ken ten dele en ons profeteer ten dele.

Maar as die volmaakte gekom het, dan sal wat ten dele is, tot niet gaan.

Toe ek 'n kind was, het ek gepraat soos 'n kind, gedink soos 'n kind, geredeneer soos 'n kind; maar nou dat ek 'n man is, het ek die dinge van 'n kind afgelê.
Want nou sien ons deur 'n spieël in 'n raaisel, maar eendag van aangesig tot aangesig. Nou ken ek ten dele, maar eendag sal ek ten volle ken, net soos ek ten volle geken is.

En nou bly geloof, hoop, liefde -- hierdie drie; maar die grootste hiervan is die liefde.

woensdag 21 mei 2025

Kom ons sing Psalm 100

Kom ons sing Psalm 100 

Psalm 100 op werf van die VGKSA

Psalm 100

PSALM 100
'n Psalm.
By die lofoffer. Juig voor die HERE, o ganse aarde!
Dien die HERE met blydskap; kom voor sy aangesig met gejubel.

Erken dat die HERE God is: Hy het ons gemaak, en ons is syne, sy volk en die skape van sy weide.

Gaan sy poorte in met lof, sy voorhowe met lofgesang; loof Hom, prys sy Naam.

Want die HERE is goed; sy goedertierenheid is tot in ewigheid, en sy trou van geslag tot geslag.

Waar die eerste seekoei vandaan kom



Sien huiswerk vir les 2! 

NB Jy mag dit by my inlewer na les 2, asseblief. 
Ons sal dit in les 2 klassikaal behandel.
-- 10 voorbeelde van verkleinwoorde,
-- 10 voorbeelde van dubbele ontkenning (die sin voluit uitskryf, net die hoofsin!),
-- 10 afrikaanse woorde van hierdie verhaal waarvan jy nie die betekenis weet nie - 
    -  ook : daarvan die nederlandse betekenis  (WOORDEBOEK).
    -  Maak ook 'n nuwe sin (Afrikaans) daarmee .
 

Taalkunde 1.0

 








woensdag 7 mei 2025

Dikwels gebruikte sinne PABO

GELUID: ek sal dit nog inspreek en opstuur via epos; ek dink julle sal nou al baat hê deur dit te lees en luister. Ons sal in die lesse ook elke keer hierna verwys.   

Hallo, my naam is ------------. Wat is jou naam?

Aangename kennis, my naam is….

Goeiemôre oom/tannie (vriendskaplik)

Hoe gaan dit?

Baie goed dankie, self?

Ek leer om ’n onderwyseres te word vir die laerskool.

Ek bly in Nederland, in ......

Mooi bly!

Laat dit goed gaan!

Sien julle môre!

Ta-ta, tot môre!

Sien julle môre!

Lekker speel!

Ek hoop dat julle my`n bietjie kan verstaan.

Ek kan nog nie baie goed afrikaans praat nie.

Hoe sê jy dit in Afrikaans?

Ek kan net 'n bietjie afrikaans praat.

Ekskuus? (as jy iets nie verstaan nie)

Ek verstaan nie (?)

Ek hou daarvan om ’n spannende boek te lees.

Daardie boek wil ek nog eendag lees.

Moenie daardie boek lees nie, dit is te moeilik.

Sy is iemand op wie jy kan vertrou.

 

Waar kan ek my goed bêre?

In watter klas moet ek wees?

 

Lekker verjaar.

Baie geluk met jou verjaarsdag.

Wat wil jy drink,  koffie, of liewers koeldrank?

Ek sal kofiie drink, dankie.

Nee dankie, ek sal nie nou iets drink nie.

Baie dankie.  

Dit is `n plesier!

 

Smaaklike ete!

Kry vir jou meer vleis.

Sjoe, maar dit is lekker!

Baie dankie, die kos was lekker!

 

Hoe kom ons by die skool?

 

A, nee a! So maak mens mos nie!

Sal ek `n storie vir julle vertel/voorlees?  

Julle moenie so’n geraas maak nie!

Ek wil graag hê julle moet stil bly.

Gerda, sal jy wil stilbly asseblief?

Ek wil hê julle moet nou vir my luister.

Jy moet nou luister.

Dit is baie oulik!

Mooi so, jy is amper klaar!

Moenie daaraan vat nie, jy gaan seer kry!

Julle kan julle tasse vat en in die ry gaan staan.

Ag, siestog! Het jy seergekry? 

Julle kan gaan sit.

Julle almal kan buite gaan sit.

Maak oop die boek op bladsy 12.

Vat julle boeke asseblief.

Kom ons sing psalm 100 vers 2.

Kom ons luister bietjie na die pragtige musiek van ....
Wil jy iets vra, steek jou vinger op asseblief.

As jy die antwoord weet, steek jou vinger op asseblief.

Jy moenie so vinnig praat nie, want dan kan ek jou nie verstaan nie.

Wie weet die antwoord?

Wil jy iets vra?

Wat wil jy vra?

Hoeveel kinders is daar in hierdie klas?

Ek dink die somme is reg so. (ik geloof dat de sommen zo goed zijn)

Ek moet my oor daardie kinders ontferm.

Het jy dalk ‘n rooi pen vir my?

Die kinders is baie stadig met leerwerk.

Nee, dis nie snaaks nie!

Ek is baie jammer …

Kom hier, dat ek jou `n drukkie kan gee.

 

Hoeveel kinders het u?

Hoeveel kinders is julle by die huis?

Waar gaan u kerk toe?

Ek gaan huis toe.

Ek is by die huis.

Ek het myself tuis gevoel by hulle.

Ek gaan skool toe.

Ek gaan fietsry.

Waar bly u?

Ek het hom gesien.

 

Ek sal dit koop

Aanvaar u ’n kredietkaart?

Ek wil graag …. koop.

Hoe laat is dit?

Hoeveel kos dit? (kos = prijs)

Bring asseblief die rekening

Hoe kom ons by die winkel?

Ek wil net een pakkie botter hê, dankie!

Ek wil môre graag die inkopies gaan doen

Die supermarkte is op Sondae toe. Maandag is hulle weer oop.  

 

Is daar ’n kamer beskikbaar vir vannag?

Ek gaan lughawe toe.

Ons gaan Kaap toe

Hoeveel kos ’n kaartjie?

Een kaartjie na Kaapstad asseblief?

Waarheen gaan u?

Mevrou, kan u my asseblief help?
Ek sou jou baie graag wil help, maar ek kan nie.

U gee nie om as ek hier rook nie?

Is die kar wat ons huur heeltemal nuut?

Ons het al vakansie gehou in die Kaap.

Ons vlieg Maandag Kaapstad toe.

Skakel die ligte van die kar aan in die tonnel.

Sal jy my skakel as jy meer weet?

Ek kan nie slaap as die ligte in die kamer aan is nie.

Ek kan beter slaap as die ligte uitgeskakel is.

Ek kan nie die motor se sleutels vind nie.

My kar staan om die hoek geparkeer.

Die boomryke strate lyk pragtig in die lente.

Ons was gister heeldag strand toe!

Ek wil liewer nie in daardie kamer slaap nie.

Die pad na Kaapstad is baie lank.

‘n Mens moet versigtig wees om in die aand uit te gaan.

Jy weet mos dat ek nie kan swem nie?

Dit gaan volgende week reën!

Ek het dit met my eie oë gesien.

Die huise het almal hoë hekke...

Ek het Woensdag heeldag gewerk.

Môre gaan ek ‘n brief skryf aan die hoof van die skool.

Hy het op ‘n klip langs die pad gaan sit.

Dit is nie waar nie.

Hierdie foto is pragtig, maar ek hou ook van daardie een.

Het jy gehoor dat my pa gisteraand gebel het?
My ma-hulle het kaas uit Nederland vir my gestuur.

Ek het gister ‘n e-pos van my ma gekry.

Ek het die hele dag aan jou gedink.

Ek sal graag die koerant wil lees.

Ek sal dit môre dadelik doen. 

Die klein blou trekkertjie

 
















Voorstellings ronde... les 1

Ek is...
(my naam is...)


Ek bly in ... 

My stokperdjie (s) is .... 
(ek hou daarvan om ...) 

Ek gaan Suid-Afrika toe omdat... 

Psalm 19


VIR die musiekleier. 'n Psalm van Dawid

 Die hemele vertel die eer van God, en die uitspansel verkondig die werk van sy hande.
Die een dag stort vir die ander 'n boodskap uit, en die een nag kondig vir die ander kennis aan:
daar is geen spraak en daar is geen woorde nie -- onhoorbaar is hulle stem.
 Hulle meetsnoer gaan uit oor die hele aarde, en hulle woorde tot by die einde van die wêreld. Vir die son het Hy daarin 'n tent gemaak;
en dié is soos 'n bruidegom wat uitgaan uit sy slaapkamer; hy is bly soos 'n held om die pad te loop.
 Sy uitgang is van die einde van die hemel af, en sy omloop tot by die eindes daarvan, en niks is verborge vir sy hitte nie.
 Die wet van die HERE is volmaak: dit verkwik die siel; die getuienis van die HERE is gewis: dit gee wysheid aan die eenvoudige.
 Die bevele van die HERE is reg: hulle verbly die hart; die gebod van die HERE is suiwer: dit verlig die oë.
Die vrees van die HERE is rein: dit bestaan tot in ewigheid; die verordeninge van die HERE is waarheid -- tesame is hulle regverdig.
 Hulle is begeerliker as goud, ja, as baie fyn goud; en soeter as heuning en heuningstroop.
 Ook word u kneg daardeur gewaarsku; in die onderhouding daarvan is groot loon.
Die afdwalinge -- wie bemerk hulle? Spreek my vry van die wat verborge is.
Hou u kneg ook terug van moedswillige sondes; laat dit nie oor my heers nie. Dan sal ek onbestraflik wees en vry van groot oortreding.

Laat die woorde van my mond en die oordenking van my hart welbehaaglik wees voor u aangesig, o HERE, my rots en my verlosser!


dinsdag 29 april 2025

Kleine wilde rosie

Kleine wilde rosie

SING LEKKER SAAM! 

Kleine wilde rosie
kleine wilde rosie
jy behoort hier aan my sy
dink jy nie ook soms aan my
Kleine wilde rosie
kleine wilde rosie
mooiste blom in die vallei
vir jou sal ek nog kry

'n Huisie bou ek net vir jou
waar ons sal woon en droom

Kleine wilde rosie
kleine wilde rosie
lank het ek gesoek na jou
wil jou in my hart behou
Om my helder kleure
wonderlike geure
al die blomme lyk so mooi
en tog word jy my nooi

'n Huisie bou ek net vir jou
waar ons sal woon en droom

Kleine wilde rosie
kleine wilde rosie
mooiste blom in die vallei
vir jou sal ek nog kry
mooiste blom in die vallei
vir jou sal ek nog kry

woensdag 14 juni 2017

die woord 'ou'...

Ons het die woord 'ou' in die laaste les bietjie bespreek... 

As selfstandige naamwoord is dit 'n maklike woord om te vertaal.
dit beteken: vriend, jongen.

Maar as dit as byvoeglike naamwoord  gebruik word, is dit lastiger.
Ek het self ook gedink aan die engelse uitdrukking 'good old times'.. wat hier nie spesifiek 'oud' beteken nie.

Die woord is nie (maklik) te vertaal na Nederlands nie.
Dus sal ek dit vir julle verduidelik in sinne/ 'n storie :

1. Dit kan 'n soort troetelwoordjie wees voor 'n naam van 'n persoon; díé persoon (hoender, hond ens) is dan 'n dierbaar iemand vir die spreker.  (sien die verhaal van 'my mense'  bv. ou Piet van KORTOM )

2. Verder natuurlik as dit 'oud' beteken, bejaard. 'Die ou tante is al 88 jaar oud. (hier beteken tante dus 'n regte tante, suster van jou pa of ma)

3. Of dit word gebruik om teleurstelling of moedelose verdraagsaamheid uit te druk. Vergelyk hiervoor die storie van die die Klein Blou Trekkertjie.

4. In 'n sin soos 'My ou seuntjie is hartseer' dui dit op bejammering/simpatie/meegevoel.