Posts tonen met het label algemeen. Alle posts tonen
Posts tonen met het label algemeen. Alle posts tonen

woensdag 2 juli 2025

O HEER VERGEWE MIJ

Hierdie man sing ook die afrikaans baie mooi en duidelik... hy en sy vrou het nog baie meer mooi liedjies. 

As julle die liedjies lekker saamsing wat ek die komende dae gaan stuur, kan julle die afrikaans nog weer bietjie terughaal voor julle vertrek.. 




op YOU TUBE :

Ek staan skuldig voor U Heer,
voor U, mij Vader wat regeer
ek is need’rig in my hart
en my siel is so verward
en my lewe is vuil voor u troon

Koor:
o Heer vergewe my;
o Heer kom maak my vry van die sondelas;
 o kom na my om dit skoon te was,
want ek wil weer vlek’loos voor U staan!

Die wijn en die brood wat ek nou neem
is ‘n teken van vergifnis en van seën;
al die liefde binne mij kom en borrel in my vry
en die oorsaak is die Gees wat in my bly.

Koor….

o Heer vergewe my
o Heer kom maak my vry van die sondelas;
o kom na my om dit skoon te was,
vergewe my !
o Heer vergewe my!
o  Heer kom maak my vry van die sondelas !
o  kom na my om dit skoon te was
want ek wil weer vlek’loos voor U staan!


ja, ek wil weer vlek’loos voor U staan!

dinsdag 3 juni 2025

Afrikaans moeilik??

Nee, Nederlands is moeilijk !

Kijk maar naar dit gedicht!

Men spreekt van één lot, en verschillende loten,
maar 't meervoud van pot is natuurlijk geen poten.
Zo zegt men ook altijd één vat en twee vaten,
maar zult u ook zeggen: één kat en twee katen?
Laatst ging ik vliegen, dus zeg ik vloog.
Maar zeg nou bij wiegen beslist niet: ik woog,
want woog is nog altijd afkomstig van wegen,
maar is dan 'ik voog' een vervoeging van vegen?
Wat hoort er bij 'zoeken'? Jazeker, ik zocht,
en zegt u bij vloeken dus logisch: ik vlocht?
Welnee, beste mensen, want vlocht komt van vlechten.
En toch is ik 'hocht' niet afkomstig van hechten.
En bij lopen hoort liep, maar bij kopen geen kiep.
En evenmin zegt men bij slopen 'ik sliep'.
Want sliep moet u weten, dat komt weer van slapen.
Maar fout is natuurlijk 'ik riep' bij het rapen.
Want riep komt van roepen. Ik hoop dat u 't weet
en dat u die kronkels beslist niet vergeet.
Dus: kwam ik u roepen, dan zeg ik 'ik riep'.
Nu denkt u: van snoepen, dat wordt dan 'ik sniep'?
Alweer mis, m´n beste. Maar u weet beslist,
dat ried komt van raden, ik denk dat u 't wist.
Komt bied dan van baden? Welnee, dat wordt bood.
En toch volgt na wieden beslist niet 'ik wood'.
'Ik gaf' hoort bij geven, maar 'ik laf' niet bij leven.
Dat is bijna zo dom als 'ik waf' hoort bij weven.
Zo zegt men: wij drinken en hebben gedronken.
Maar echt niet: wij hinken en hebben gehonken.
't Is moeilijk, maar weet u: van weten komt wist,
maar hoort bij vergeten nou logisch vergist?
Juist niet, zult u zeggen, dat komt van vergissen.
En wat is nu goed? U moet zelf maar beslissen:
hoort bij slaan nu: ik sloeg, ik slig, of ik slond?
Want bij gaan hoort: ik ging, niet ik goeg of ik gond.
En noemt u een mannetjesrat nu een rater?
Dat geldt toch alleen bij een kat en een kater.
U ziet, onze taal beste dames en heren,
is, net als ik zei, best moeilijk te leren

woensdag 7 mei 2025

Dikwels gebruikte sinne PABO

GELUID: ek sal dit nog inspreek en opstuur via epos; ek dink julle sal nou al baat hê deur dit te lees en luister. Ons sal in die lesse ook elke keer hierna verwys.   

Hallo, my naam is ------------. Wat is jou naam?

Aangename kennis, my naam is….

Goeiemôre oom/tannie (vriendskaplik)

Hoe gaan dit?

Baie goed dankie, self?

Ek leer om ’n onderwyseres te word vir die laerskool.

Ek bly in Nederland, in ......

Mooi bly!

Laat dit goed gaan!

Sien julle môre!

Ta-ta, tot môre!

Sien julle môre!

Lekker speel!

Ek hoop dat julle my`n bietjie kan verstaan.

Ek kan nog nie baie goed afrikaans praat nie.

Hoe sê jy dit in Afrikaans?

Ek kan net 'n bietjie afrikaans praat.

Ekskuus? (as jy iets nie verstaan nie)

Ek verstaan nie (?)

Ek hou daarvan om ’n spannende boek te lees.

Daardie boek wil ek nog eendag lees.

Moenie daardie boek lees nie, dit is te moeilik.

Sy is iemand op wie jy kan vertrou.

 

Waar kan ek my goed bêre?

In watter klas moet ek wees?

 

Lekker verjaar.

Baie geluk met jou verjaarsdag.

Wat wil jy drink,  koffie, of liewers koeldrank?

Ek sal kofiie drink, dankie.

Nee dankie, ek sal nie nou iets drink nie.

Baie dankie.  

Dit is `n plesier!

 

Smaaklike ete!

Kry vir jou meer vleis.

Sjoe, maar dit is lekker!

Baie dankie, die kos was lekker!

 

Hoe kom ons by die skool?

 

A, nee a! So maak mens mos nie!

Sal ek `n storie vir julle vertel/voorlees?  

Julle moenie so’n geraas maak nie!

Ek wil graag hê julle moet stil bly.

Gerda, sal jy wil stilbly asseblief?

Ek wil hê julle moet nou vir my luister.

Jy moet nou luister.

Dit is baie oulik!

Mooi so, jy is amper klaar!

Moenie daaraan vat nie, jy gaan seer kry!

Julle kan julle tasse vat en in die ry gaan staan.

Ag, siestog! Het jy seergekry? 

Julle kan gaan sit.

Julle almal kan buite gaan sit.

Maak oop die boek op bladsy 12.

Vat julle boeke asseblief.

Kom ons sing psalm 100 vers 2.

Kom ons luister bietjie na die pragtige musiek van ....
Wil jy iets vra, steek jou vinger op asseblief.

As jy die antwoord weet, steek jou vinger op asseblief.

Jy moenie so vinnig praat nie, want dan kan ek jou nie verstaan nie.

Wie weet die antwoord?

Wil jy iets vra?

Wat wil jy vra?

Hoeveel kinders is daar in hierdie klas?

Ek dink die somme is reg so. (ik geloof dat de sommen zo goed zijn)

Ek moet my oor daardie kinders ontferm.

Het jy dalk ‘n rooi pen vir my?

Die kinders is baie stadig met leerwerk.

Nee, dis nie snaaks nie!

Ek is baie jammer …

Kom hier, dat ek jou `n drukkie kan gee.

 

Hoeveel kinders het u?

Hoeveel kinders is julle by die huis?

Waar gaan u kerk toe?

Ek gaan huis toe.

Ek is by die huis.

Ek het myself tuis gevoel by hulle.

Ek gaan skool toe.

Ek gaan fietsry.

Waar bly u?

Ek het hom gesien.

 

Ek sal dit koop

Aanvaar u ’n kredietkaart?

Ek wil graag …. koop.

Hoe laat is dit?

Hoeveel kos dit? (kos = prijs)

Bring asseblief die rekening

Hoe kom ons by die winkel?

Ek wil net een pakkie botter hê, dankie!

Ek wil môre graag die inkopies gaan doen

Die supermarkte is op Sondae toe. Maandag is hulle weer oop.  

 

Is daar ’n kamer beskikbaar vir vannag?

Ek gaan lughawe toe.

Ons gaan Kaap toe

Hoeveel kos ’n kaartjie?

Een kaartjie na Kaapstad asseblief?

Waarheen gaan u?

Mevrou, kan u my asseblief help?
Ek sou jou baie graag wil help, maar ek kan nie.

U gee nie om as ek hier rook nie?

Is die kar wat ons huur heeltemal nuut?

Ons het al vakansie gehou in die Kaap.

Ons vlieg Maandag Kaapstad toe.

Skakel die ligte van die kar aan in die tonnel.

Sal jy my skakel as jy meer weet?

Ek kan nie slaap as die ligte in die kamer aan is nie.

Ek kan beter slaap as die ligte uitgeskakel is.

Ek kan nie die motor se sleutels vind nie.

My kar staan om die hoek geparkeer.

Die boomryke strate lyk pragtig in die lente.

Ons was gister heeldag strand toe!

Ek wil liewer nie in daardie kamer slaap nie.

Die pad na Kaapstad is baie lank.

‘n Mens moet versigtig wees om in die aand uit te gaan.

Jy weet mos dat ek nie kan swem nie?

Dit gaan volgende week reën!

Ek het dit met my eie oë gesien.

Die huise het almal hoë hekke...

Ek het Woensdag heeldag gewerk.

Môre gaan ek ‘n brief skryf aan die hoof van die skool.

Hy het op ‘n klip langs die pad gaan sit.

Dit is nie waar nie.

Hierdie foto is pragtig, maar ek hou ook van daardie een.

Het jy gehoor dat my pa gisteraand gebel het?
My ma-hulle het kaas uit Nederland vir my gestuur.

Ek het gister ‘n e-pos van my ma gekry.

Ek het die hele dag aan jou gedink.

Ek sal graag die koerant wil lees.

Ek sal dit môre dadelik doen. 

maandag 7 april 2025

Julle eerste blogberiggie..

STUUR julle dadelik 'n BERIGGIE aan ellieknol@hotmail.com wanneer jy dit lees ASSEBLIEF?! Dan kan ek kontroleer of julle almal hierdie berig gekry het ...


 Ek neem aan julle gaan ook hier bly, by oom Piet en tannie Carolien Agema, in Pretoria, sommer naby die skool en kerk van die Vrye Gereformeerde Kerk. Ek het hierdie foto 'n paar jare terug gemaak ... ek het o.a. gaan kuier by tannie Carolien. 

 ******
Hierbij dan die eerste beriggie van die blog wat ek VIR JULLE gemaak het. 
Vanaf vandag gaan ek vir julle evalueer.
Laat ons ook met mekaar afspreek: as daar iets is wat jy nie verstaan nie: VRA! (als er iets is dat je niet begrijpt: vragen!)

Al voor die eerste les gaan julle al opdraggies doen, opdrag nie ingelewer (via epos) is nul punte.
Later, tydens die lesse kry julle elke week nuwe huiswerk, en ek verwag dat jullie die huiswerk skriftelik saamvat klas toe. (saamvat=meenemen)
 Julle kry elke keer punte daarvoor. 
Vir huiswerk nie of te laat ingelewer kry jy nul punte.

Ek verwag nie dat jy geen foute maak nie, maar dit gaan veral om jou inset-  ek kan sien of jy jou huiswerk sommer net gou-gou gedoen het, of erns daarmee gemaak het. 

Probeer al in afrikaans terug te skryf - dan sal ek die foute verbeter, sodat julle daarvan kan leer.