Posts tonen met het label teorie. Alle posts tonen
Posts tonen met het label teorie. Alle posts tonen

donderdag 3 juli 2025

Wiskundige terme

 Ek plaas dit op die blog net sodat julle dit kan gebruik as julle in SA is. 

'n Groot aantal tegniese woorde en terme wat in wiskunde ingespan word: 


Bewerkingstekens

+ (plus)  - (minus) × (maal) ÷ (deel).

27 + 19 = 46 
212 - 88 = 124

63 × 9 = 567

1008 ÷ 18 = 56

Verwantskapstekens

gelyk aan   (=); groter as (>)  kleiner as (<).

15 > 1,5  (15 is groter as 1,5)

3,3 km = 3 300m  (3,3 km is gelyk aan 3 300 m)

50 g < 0,5 kg  (50 g is kleiner as 0,5 kg)

Som van / vermeerder / totaal
Die som van 23 en 47 is 70.

As mens 32 met 87 vermeerder, kry mens 119.

Die totaal van 56 en 76 is 132.

Verskil / verminder / - (minus)

Die verskil tussen 24 en 69 is -45.

As mens 244 met 46 verminder kry mens 198.

Produk van / vermenigvuldig / × (maal)

Die produk van 17 en 22 is 374.

As mens 11 en 334 vermenigvuldig kry mens 3674.

Deler / deeltal / kwosiënt / ÷ (deel)

12 (deeltal) ÷ 3 (deler) = 4 (kwosiënt)

15 (deeltal) ÷ 4 (deler) = 3 res 3 (kwosiënt)

Veelvoude

Veelvoude is getalle waarin die gevraagde getal presies kan indeel.

V3 (veelvoude van 3): 3; 6; 9; 12; 15; 18; ....

V12 (veelvoude van 12):  12; 24; 36; 48; 60; 72; ....

Faktore

'n Faktor is 'n heelgetal wat presies in 'n spesifieke getal indeel (sonder 'n res).

F8 (faktore van 8):  1; 2; 4; 8

F15 (faktore van 15): 1; 3; 5; 15

Magte

'n Mag dui die hoeveelheid keer aan wat 'n getal met homself vermenigvuldig moet word.

2² (2 tot die mag 2) beteken: 2 × 2

7³ (7 tot die mag 3) beteken: 7 × 7 × 7

Getalle

 'n Ander woord vir syfers / nommers.
Natuurlike getalle (N):  1; 2; 3; 4; 5; 6; ....

Telgetalle (N0): 0; 1; 2; 3; 4; 5; ....

Heelgetalle (Z): -3; -2; -1; 0; 1; 2; 3; ....

Ewe getalle: 2; 4; 6; 8; 10; ....

Onewe getalle: 1; 3; 5; 7; 9; ....

Priemgetalle (alle natuurlike getalle wat slegs deelbaar deur 1 en die getal self is): 2; 3; 5; 7; 11; 13; 17; …

Saamgestelde of deelbare getalle (het meer as 2 faktore): 4; 6; 8; 9; 10; …

Vierkant getalle
 (Die faktore is dieselfde getal met homself vermenigvuldig): 1 (1x1); 4 (2x2); 9 (3x3); 16 (4x4); …

 

dinsdag 17 juni 2025

Skema van die uitgang -e vir byvoeglike naamwoorde

 Skema van die uitgang -e vir byvoeglike naamwoorde

Byvoeglike naamwoord is :
meerlettergrepig     wel -e
eenlettergrepig        nie -e nie behalwe as dit eindig op s,d,f,g


Uitsondering!
elk kry wel uitgang -e, dus bv. elke kind
alle kleure kry nie uitgang -e nie
    bv 'n grys lug, blou lug, wit lug ensovoorts



woensdag 7 mei 2025

Dikwels gebruikte sinne PABO

GELUID: ek sal dit nog inspreek en opstuur via epos; ek dink julle sal nou al baat hê deur dit te lees en luister. Ons sal in die lesse ook elke keer hierna verwys.   

Hallo, my naam is ------------. Wat is jou naam?

Aangename kennis, my naam is….

Goeiemôre oom/tannie (vriendskaplik)

Hoe gaan dit?

Baie goed dankie, self?

Ek leer om ’n onderwyseres te word vir die laerskool.

Ek bly in Nederland, in ......

Mooi bly!

Laat dit goed gaan!

Sien julle môre!

Ta-ta, tot môre!

Sien julle môre!

Lekker speel!

Ek hoop dat julle my`n bietjie kan verstaan.

Ek kan nog nie baie goed afrikaans praat nie.

Hoe sê jy dit in Afrikaans?

Ek kan net 'n bietjie afrikaans praat.

Ekskuus? (as jy iets nie verstaan nie)

Ek verstaan nie (?)

Ek hou daarvan om ’n spannende boek te lees.

Daardie boek wil ek nog eendag lees.

Moenie daardie boek lees nie, dit is te moeilik.

Sy is iemand op wie jy kan vertrou.

 

Waar kan ek my goed bêre?

In watter klas moet ek wees?

 

Lekker verjaar.

Baie geluk met jou verjaarsdag.

Wat wil jy drink,  koffie, of liewers koeldrank?

Ek sal kofiie drink, dankie.

Nee dankie, ek sal nie nou iets drink nie.

Baie dankie.  

Dit is `n plesier!

 

Smaaklike ete!

Kry vir jou meer vleis.

Sjoe, maar dit is lekker!

Baie dankie, die kos was lekker!

 

Hoe kom ons by die skool?

 

A, nee a! So maak mens mos nie!

Sal ek `n storie vir julle vertel/voorlees?  

Julle moenie so’n geraas maak nie!

Ek wil graag hê julle moet stil bly.

Gerda, sal jy wil stilbly asseblief?

Ek wil hê julle moet nou vir my luister.

Jy moet nou luister.

Dit is baie oulik!

Mooi so, jy is amper klaar!

Moenie daaraan vat nie, jy gaan seer kry!

Julle kan julle tasse vat en in die ry gaan staan.

Ag, siestog! Het jy seergekry? 

Julle kan gaan sit.

Julle almal kan buite gaan sit.

Maak oop die boek op bladsy 12.

Vat julle boeke asseblief.

Kom ons sing psalm 100 vers 2.

Kom ons luister bietjie na die pragtige musiek van ....
Wil jy iets vra, steek jou vinger op asseblief.

As jy die antwoord weet, steek jou vinger op asseblief.

Jy moenie so vinnig praat nie, want dan kan ek jou nie verstaan nie.

Wie weet die antwoord?

Wil jy iets vra?

Wat wil jy vra?

Hoeveel kinders is daar in hierdie klas?

Ek dink die somme is reg so. (ik geloof dat de sommen zo goed zijn)

Ek moet my oor daardie kinders ontferm.

Het jy dalk ‘n rooi pen vir my?

Die kinders is baie stadig met leerwerk.

Nee, dis nie snaaks nie!

Ek is baie jammer …

Kom hier, dat ek jou `n drukkie kan gee.

 

Hoeveel kinders het u?

Hoeveel kinders is julle by die huis?

Waar gaan u kerk toe?

Ek gaan huis toe.

Ek is by die huis.

Ek het myself tuis gevoel by hulle.

Ek gaan skool toe.

Ek gaan fietsry.

Waar bly u?

Ek het hom gesien.

 

Ek sal dit koop

Aanvaar u ’n kredietkaart?

Ek wil graag …. koop.

Hoe laat is dit?

Hoeveel kos dit? (kos = prijs)

Bring asseblief die rekening

Hoe kom ons by die winkel?

Ek wil net een pakkie botter hê, dankie!

Ek wil môre graag die inkopies gaan doen

Die supermarkte is op Sondae toe. Maandag is hulle weer oop.  

 

Is daar ’n kamer beskikbaar vir vannag?

Ek gaan lughawe toe.

Ons gaan Kaap toe

Hoeveel kos ’n kaartjie?

Een kaartjie na Kaapstad asseblief?

Waarheen gaan u?

Mevrou, kan u my asseblief help?
Ek sou jou baie graag wil help, maar ek kan nie.

U gee nie om as ek hier rook nie?

Is die kar wat ons huur heeltemal nuut?

Ons het al vakansie gehou in die Kaap.

Ons vlieg Maandag Kaapstad toe.

Skakel die ligte van die kar aan in die tonnel.

Sal jy my skakel as jy meer weet?

Ek kan nie slaap as die ligte in die kamer aan is nie.

Ek kan beter slaap as die ligte uitgeskakel is.

Ek kan nie die motor se sleutels vind nie.

My kar staan om die hoek geparkeer.

Die boomryke strate lyk pragtig in die lente.

Ons was gister heeldag strand toe!

Ek wil liewer nie in daardie kamer slaap nie.

Die pad na Kaapstad is baie lank.

‘n Mens moet versigtig wees om in die aand uit te gaan.

Jy weet mos dat ek nie kan swem nie?

Dit gaan volgende week reën!

Ek het dit met my eie oë gesien.

Die huise het almal hoë hekke...

Ek het Woensdag heeldag gewerk.

Môre gaan ek ‘n brief skryf aan die hoof van die skool.

Hy het op ‘n klip langs die pad gaan sit.

Dit is nie waar nie.

Hierdie foto is pragtig, maar ek hou ook van daardie een.

Het jy gehoor dat my pa gisteraand gebel het?
My ma-hulle het kaas uit Nederland vir my gestuur.

Ek het gister ‘n e-pos van my ma gekry.

Ek het die hele dag aan jou gedink.

Ek sal graag die koerant wil lees.

Ek sal dit môre dadelik doen. 

Voorstellings ronde... les 1

Ek is...
(my naam is...)


Ek bly in ... 

My stokperdjie (s) is .... 
(ek hou daarvan om ...) 

Ek gaan Suid-Afrika toe omdat... 

woensdag 14 juni 2017

die woord 'ou'...

Ons het die woord 'ou' in die laaste les bietjie bespreek... 

As selfstandige naamwoord is dit 'n maklike woord om te vertaal.
dit beteken: vriend, jongen.

Maar as dit as byvoeglike naamwoord  gebruik word, is dit lastiger.
Ek het self ook gedink aan die engelse uitdrukking 'good old times'.. wat hier nie spesifiek 'oud' beteken nie.

Die woord is nie (maklik) te vertaal na Nederlands nie.
Dus sal ek dit vir julle verduidelik in sinne/ 'n storie :

1. Dit kan 'n soort troetelwoordjie wees voor 'n naam van 'n persoon; díé persoon (hoender, hond ens) is dan 'n dierbaar iemand vir die spreker.  (sien die verhaal van 'my mense'  bv. ou Piet van KORTOM )

2. Verder natuurlik as dit 'oud' beteken, bejaard. 'Die ou tante is al 88 jaar oud. (hier beteken tante dus 'n regte tante, suster van jou pa of ma)

3. Of dit word gebruik om teleurstelling of moedelose verdraagsaamheid uit te druk. Vergelyk hiervoor die storie van die die Klein Blou Trekkertjie.

4. In 'n sin soos 'My ou seuntjie is hartseer' dui dit op bejammering/simpatie/meegevoel.