dinsdag 17 juni 2025

Psalm 105


Psalm 105 vers 1-11


Loof die HERE, roep sy Naam aan, maak onder die volke sy dade bekend.

Sing, psalmsing tot sy eer, spreek van al sy wonders.

Beroem julle in sy heilige Naam; laat die hart van die wat die HERE soek, bly wees.

Vra na die HERE en sy sterkte; soek sy aangesig altyddeur.

Dink aan sy wonders wat Hy gedoen het, aan sy wondertekens en die oordele van sy mond, o nageslag van Abraham, sy kneg, o kinders van Jakob, sy uitverkorenes!


Hy, die HERE, is onse God; oor die hele aarde is sy oordele.

Hy dink vir ewig aan sy verbond, aan die woord wat Hy ingestel het vir duisend geslagte- die verbond wat Hy met Abraham gesluit het, en sy eed aan Isak;
wat Hy ook vir Jakob as insetting bekragtig het, vir Israel as 'n ewige verbond,
met die woorde: Ek sal aan jou die land KanaƤn gee, julle aangewese erfdeel.