woensdag 23 april 2025

Sproetjies - lekker sing...

Sproetjies op YouTube


Daar's 'n park in my tuisdorp, ver weg van die stad se lawaai
Waar die kinders na skool in die middae kom speel en baljaar
En eendag sien ek 'n klein dogtertjie eenkant alleen
Met traantjies wat rol oor haar sproetgesiggie heen.


En ek sê Sproetjies, liefling, daar's 'n reenboog in jou oë
Wil jy graag 'n groot geheim hoor : almal wil graag soos jy wees
Want jy's pragtig, liefling, en sy druk saggies my hand
En sê ek wens ek kon my deur jou oë sien.


Al die somers en winters is nou reeds so lankal verby
En die glimlag van jonkwees verberg soms 'n ou hartseer tyd
En eendag sien ek Sproetjies weer, en my oë staar verdwaas
Want die lelike eendjie verander in die mooiste swaan.


En ek sê sproetjies, jy's pragtig
En sy druk saggies my hand
En sê ek wens ek kon my deur jou oë sien.


Ek gaan na die skouburg een aand na 'n opvoering kyk
En daar dans 'n meisie wat net soos 'n feeprinses lyk
Met 'n glimlag so stralend begroet sy die hele gehoor
Ek sien toe dis sproetjies wat harte so bekoor.



En ek sê Sproetjies, liefling daar's 'n reenboog in jou oë
Onthou jy nog die parkie, en die trane in jou oë
Sproetjies, jy's pragtig, en ek hou haar teen my vas
Sy sê : ek wens ek kon my deur jou oë sien
Ek wens ek kon my deur jou oë sien.