Posts tonen met het label huiswerk. Alle posts tonen
Posts tonen met het label huiswerk. Alle posts tonen

woensdag 18 juni 2025

‘n Emmer tande vir ‘n hospitaal holbekke



Let wel- engelse woorde en streektaal staan kursief. Sien onder die swart teks vir die streektaal uitspraak versie. 

KORTOM 
‘n Emmer tande vir ‘n hospitaal holbekke
- die storie van 27 November 2012
Ek stuur die geluidsopname met epos. 

1. Die storie in goeie Afrikaans

In ’n hospitaal - waar krankheid en ellende nie ontuis is nie - smaak dit my is snaaksigheid ook nie juis ’n vreemdeling nie.
En snaaks is mos nêrens snaakser as dáár waar hy nie verwag word nie. Veral as hy boonop sommer bloot net gebeur, of onvermoeds gebeur laat word.
Iets van dié aard het daar op ’n keer in ’n Randse hospitaal plaasgevind.  Daar daag ’n leerlingverpleegstertjie op.  En hoe die prosedure presies werk, weet ek nie, maar om haar touwys te maak, moes sy glo allerlei soorte werkies doen.

Dit moet saam met die ander groentjies op ’n sekere vloer beddens opmaak, potte en panne leeg maak, waterglase vol maak, en so aan.
So met verloop van tyd kom daar nuwe en ingewikkelder opdragte by.

Op ‘n môre roep die ou hoofsuster daar in een van die gange af : “Hêi, jy,” -nursie-sus-en-so-  kom hier!”
 “Ja suster?” vra die leerlingverpleegstertjie.
“Vat nou hierdie vloer van ‘n kant af en maak al die mense wat valstande het, se tande skoon. Al die gange s’n.”
En toevallig was daar op dié vloer baie oumense.
En die verpleegstertjie vaar ‘n gang daar af.
In die eerste kamer, of saal, is daar 3 glase tande.  Dié vat sy soos ’n wafferse kelner wat sy storie met bierdra ken en stryk daarmee aan na die kombuisietjie  of wasplek, en sy spring daar by die wasbak aan die tande.
Waarmee en hóé weet ek nie, maar sy maak skoon en sy sit die stelle terug in die glase en gooi skoon water in, en wikkel daarmee na hulle ou drie holbekbase toe.

In die volgende saal is daar ’n stuk of vyf mense met kunstande.
En dié klomp glase is toe te veel om met een slag te dra. Maar die verpleegstertjie is ’n praktiese kind en sy los hulle net so en sy begeef haar na die kombuis toe en kry daar ’n emmer in die hande. Dié maak sy so amper halfpad vol water en sy’s weer die gang af.  

Die emmer sit sy voor die deur neer en sy’s die saal daarin, en sommer so twee-twee dra sy die glase tande daar uit en gooi die stelle in die emmer water en gaan sit die leë glase weer by hulle-se base neer.

So maak sy saal vir saal in die gang af leeg en pak daarna die sygange.
Na ’n ruk wil die emmer oorloop. Sommer in die naaste badkamer gooi sy ’n klomp van die water af om plek te maak vir nóg tande. 
Uiteindelik het sy die hele vloer se alle stelle tande in die emmer.
En dit was ook net-net of die emmer was te klein.
In die waskamer tap sy ’n klomp water in die bak en keer die emmer daarin om.
Dié maak sy op sy beurt so ’n kwart-vol skoon water en sit dit eenkant neer, en val met die skoonmaak weg.  Plaat vir plaat tande vat sy so ligweg in die wasbak raak, en gooi dit in die emmer.
Nie lank nie, of die hele emmer tande is skoon.
En toe sal die stomme kind sien die een praktyk bots met die ander praktyk….
Waffer onderstel pas by waffer bo-stel… en waffer heel stel by waffer bed in waffer saal?
… en dan’s daar nog ’n probleem: party mense het net bo- en ander net ondertande; party weer ’n halwe plaat met hake en twee tande,  of drie, of vier of hoeveel tande dan ook. In wie se haasbekgetrekte mond pas wat?

Sy wonder nog “hoe nóú?”, toe staan die ou hoofsuster langs haar.
“Het jy klaar met die tande?”
“Ja, Suster, ek is klaar, maar ek het nou moeilikheid. Ek verdwaal tussen hierdie klomp tande.”
“Nou wie’t so blerrie klomp tande in sy mond?”
“Dis die hele vloer s’n, Suster!”
Wat die hoofsuster hierna gesê het pas nie juis by tande en monde nie. Maar daar was nie genade nie; die ontbyt was op pad!

Hulle pak die hele spulletjie tande op ’n tafel uit en probeer soek bo- en ondermaters wat by mekaar pas.

Maar dis moeilik om uit te maak watter groottes en skeeftes en kleure by mekaar hoort; dit wissel van pêrelwittes tot pruimtwakbruines, van kleintjies soos ’n muis s’n tot by beitels soos dié van ’n perd, van yslike bakke tot dié wat hoort by ’n verkrimpte gesiggie. 

Hulle kry ’n klomp uitgesoek wat lyk na pare, en ’n groot klomp enkeles bly oor.

In ’n horde hospitaalglase word hulle op ’n trolley gesit.

“Toe, stoot die spul van saal tot saal en laat die mense self uitsoek, laat hulle kan eet; ek stuur die kos op jou hakke agterna!”

En die verpleegstertjie vlie(g) daar weg.
Daar word gekies, maar as die een holbekmens nog spook om sy tande in te kry, skoert die verpleegstertjie al na die volgende een toe.

Alles geskied in die haas.

En die mense kry kos en hulle val weg.

Party worstel voort; party ander haal die tande uit en ry- soos die Rehoboth-Basters in my wêreld sou sê -  op die rims.
Maar die borde was nog nie behoorlik weg nie, toe begin lui die klokke.  Dit smaak omtrent na Oujaarsnag om twaalfuur uur in ‘n groot stad.
Die ou hoofsuster sê vir die ander susters en die verpleegsters sy wil self die klagtes aanhoor en dan verduidelik en besluit wat om te doen.

En sy loop ’n kamer in waar twee omies lê.
Ja, waarmee kan sy help? Die klok is mos gelui.

“Suster, wat met my tande gebeur het, weet ek nie. Dit smaak my of ek vanmôre met ’n paar skeeftgetrapte skoene probeer kou het”, beduie die een ou.

Die ander een sê: “Suster, was myne maar soos ’n paar skeefgetrapte skoene. Ek het om my brekfiseiertjie ’n dans uitgevoer, jy kan sê met ’n nommer-vyf-pantoffel en ’n nommer-elf-army-boot”.  
“Haal uit!” sê die hoofsuster.  “Daar moet ’n fout gekom het. Ek sal hulle nóu laat wegvat.”

Sy is nog aan die inloop in die volgende saal, toe begin praat ’n ou tante al: “Ai my kind, ek was dan nou net aan die beter word, en nou voel ek so mismoedig. Dis kompleet of my bo-kop gekrimp het. My tandvleis kom nie in die gleuf van my tande in nie. Ek byt al op die bo-plaat se verhemelte langs.”

’n Ander een kla dat sy met haar onderkakebeen buite die stelletjie om byt.
 “Suster, ek had aanmekaar die tande en die kos deurmekaar, dit was op ’n nerf na, of ek sluk die hele spulletjie in.”
“Nee, daar’s fout!” beduie die hoofsuster. “Gee net kans, dan kom die ding reg”.

In ’n ander saal het ’n ou oom sy tande uit en hy korrel om te probeer uitmaak wat hy sien.
“Suster, ek het nie my leesbril hier nie, maar dis die hardste eier wat ek in my leefdag geëet het. Ek het ’n stuk tussen my tande ingebyt en ek kan hom nou wragtig nie uitkry nie”.
“Dis loutere goud, Oom!” sê die hoofsuster ná sy self van naby gekyk het.
Die oubaas is daaroor meer vies as wat hy sou wees as hy moes weet dat hy met geleende tande geëet het.
 “Maar ek het mos nie gevra julle moet goud daar insit nie?”
 “Wag, Oom, dit kom nou-nou reg! Ek laat haal die stukkie goud weer uit!”.

Die volgende kamer se patiënt het nie die ontbyt heelhuids oorleef nie.
“Suster,  jy moet vir my hier ’n dokter kry om my tong te lap. Hy’s so toiingrig, soos ’n sak waarmee ’n klomp kleinhonde ’n nag omgespeel het.
“Ek kon vanmôre byt soos ek wil, maar dit bly verkeerd”.

Die suster beloof verligting!

Langsaan gaan dit insgelyks nie beter nie.
“Suster, my troue ou malers het vanmôre die gees gegee. Dit smaak my die nursie het hulle skoon gekook en toe in ’n trek neergesit laat hulle kon afkoel! Kyk hoe oorhoeks is hulle. Ek kou dat ek bars, maar ek kry nooit meer as net twee tande op ’n slag bo mekaar nie!”.
“Net ‘n bietjie geduld, en die oorhoeksheid is daarmee heen!”,  beduie die hoofsuster.

En so sluit die een treurmare by die ander aan.
Een ou tante probeer haar mond toe kry, maar sy bly glimlag van oor tot oor.
’n Ander se lippe vou rolle voor sy nog die tande opmekaar het.
Nog een lyk of sy haar kieste opgeblaas het.
’n Ander een se gesig is skeef.

Een ou oom het niks in sy mond nie.
“Waar is die tande dan vanmôre, oupa?” wil die suster weet.
“Jy moet maar hier op die vloer in die blik kyk. Ek het hulle weggesmyt! Ek het van die vervloekste goed nog net pyn en smarte gehad van die dag dat ek hulle gekry het, maar vanmôre is hulle meer erg. Toe sê ek: Dis die laaste, weg is julle! ”.

Sy ou kamermaat sê: “Ja, en myne voel vanmôre soos twee bekrekkers wat ek hier glyk in my mond het. Ek is lus en raak van hulle ook ontslae”.

Nou ja, dit was al teen middagete se stryk, toe spook die hoofsuster en die leerlingverpleegster nog steeds om vir party van die stelle tande base te kry. “

Toe sê die leerlingverpleegster : “Suster, vandag het ek baie geleer! Ek sal môre slimmer wees. Ek sal eers al die bo-tande was; dan kan ek mos op die ondertande pas waffer die regte is. En dan vat ek weer die ondertande”.

 “Ja” sê die ou hoofsuster, “ek het ook vandag iets geleer, en dis dat jy liewer in ’n hotel moet loop werk soek, waar jy kan skoene skoonmaak, want as hulle deurmekaar raak, hoef hulle darem nie ná elke aanpas gewas te word nie!”.

2. Die storie soos dit voorgelees word: 
NB dit is geskryf deur iemand uit Suidwes, 'n streek waar afrikaans anders uitgespreek word, baie plat, en hulle ry op die klanke.  

In ’n hospitaal - waar krankheid en ellende nie ontuis is nie - 
smaak dit my is snaaksigheid ook nie juis ’n vreemdeling nie. 
En snaaks is mos nêrens snaakser as daar waar hy nie verwag 
word nie; veral as hy boonop sommer bloot net gebeur, ofonver— 
moeds gebeur laat word. 

Iets van die aard het daar op ’n keer in ’n Randse hospitaal 
plaasgevind. 

Daar daag ’n leerlingverpleegstertjie op. En hoe die prosedure 
presies werk, weet ek nie, maar om haar touwys te maak, moes sy 
glo allerlei soorte werkies doen. 

Dit moet saam met die ander groentjies op ’n sekere vloer beddens 
opmaak, potte en panne leeg maak, waterglase vol maak, en so 
aan. 

En so met verloop van tyd kom daar nuwe en ingewikkelder op- 
dragte by. 

Op ’n more roep die ou hoofsuster daar in een van die gange af: 
“Hêi, jy,” - nursie-sus-en-so- “kom hier.” 

“Ja, Suster?” vra die leerlingverpleegstertjie. 

“Vat nou hierdie vloer van ’n kant af en maak allie mense wat 
valstanne het, se tanne skoon. Allie gange s’n.” 

En toevallig was daar op die vloer baie oumense. 

En die verpleegstertjie vaar ’n gang daar af. 

In die eerste kamer of saal is daar drie glase tande. Dié vat sy soos 
’n wafferse kelner wat sy storie met bierdra ken en stryk daarmee 
aan na die kombuisietjie of wasplek en sy spring daar by die was- 
bak aan die tande. Waarmee en hóé weet ek nie, maar sy maak 
skoon en sit die stelle trug in die glase en gooi skoon water in en 
wikkel daarmee na hulle ou drie holbekbase toe. 

In die volgende saal is daar ’n stuk of vyf mense met kunstande. 

En dié klomp glase is toe te veel om met een slag te dra. 

Maar die verpleegstertjie is ’n praktiese kind en sy los hulle net so 

en sy begeef haar na die kombuisie toe en kry daar ’n emmer in die 
hande. Dié maak sy so amper halfpad vol water, en sy’s weer die 
gang af. 

Die emmer sit sy voor die deur neer en sy’s die saal daar in en 
sommer so twee-twee dra sy die glase tande daar uit en gooi die 
stelle in die emmer water en gaan sit die leë glase weer by hulle-se 
base neer. 

So maak sy saal vir saal in die gang af leeg en pak daarna die 
sygange. 

Na ’n ruk wil die emmer oorloop. 

Sommer in die naaste badkamer gooi sy ’n klomp van die water af 
om plek te maak vir nog tande. 

Uiteindelik het sy die hele vloer se alle stelle tande in die emmer. 

En dit was ook net-net of die emmer was te klein. 

In die waskamer tap sy ’n klomp water in die bak en keer die 
emmer daarin om. 

Dié maak sy op sy beurt so kwart-vol skoon water en sit dit een- 
kant neer, en val met die skoonmaak weg. 

Plaat vir plaat tande vat sy so ligweg in die wasbak raak, en 
gooi dit in die emmer. 

Nie lank nie of die hele emmer tande is skoon. 

En toe sal die stomme kind sien die een praktyk bots met die 
ander praktyk. . 

Waffer onderstel pas by waffer bo-stel en waffer heel stel by waffer 
bed in waffer saal? 

En dan’s daar nog ’n probleem: party mense het net bo- en ander 
net ondertande; party weer ’n halwe plaat met hake en twee 
tande, of drie, of vier of hoeveel tande dan ook. In wie se haas- 
bekgetrekte mond pas wat? 

Sy wonder nog hoe nóú, toe staan die ou hoofsuster langs haar. 
“Het jy klaar met die tanne?” 

“Ja, Suster, ek is klaar, maar ek het nou moeilikheid. Ek verdwaal 
tussen hierdie klomp tanne.” 

“Nou wie’t so ’n bleddie klomp tanne in sy mond?” 

“Dis die hele vloer s’n, Suster.” 

Wat die hoofsuster hierna gesê het, pas nie juis by tande en
monde nie. Maar daar was nie genade nie; die ontbyt was op pad.
Hulle pak die hele spulletjie tande op'n tafel uit en probeer soek
bo- en ondermaters wat by mekaar pas.

Maar dis moeilik om uit te maak watter groottes en skeeftes en
kleure by mekaar hoort; dit wissel van pêrelwittes tot pruimtwakbruines, van kleintjies soos'n muis s'n tot by beitels soos dié van 'n perd, van yslike bakke tot dié wat hoort by'n verkrimpte gesiggie. 

Hulle kry'n klomp uitgesoek wat lyk na pare, en'n groot klomp
enkeles bly oor.

In 'n horde hospitaalglase word hulle op'n trollie gesit.

“Toe, stoot die spul van saal tot saal en laat die mense self uitsoek,
lat hulle kan eet; ek stuur die kos op jou hakke agterna.”

En die verpleegstertjie vlie daar weg.

Daar word gekies, maar as die een holbekmens nog spook om sy
tande in te kry, skoert die verpleegstertjie al na die volgende een
toe.



Alles geskied in die haas.

En die mense kry kos en hulle val weg.

Party worstel voort; party ander haal die tande uit en ry - soos die
Rehoboth-Basters in my wêreld sou sê - op die rims.

Maar die borde was nog nie behoorlik weg nie, toe begin lui die
klokke. Dit smaak omtrent na Oujaarsnag om twaalfuur in 'n
groot stad.

Die ou hoofsuster sê vir die ander susters en die verpleegsters sy
wil self die klagtes aanhoor en dan verduidelik en besluit wat om
te doen.

En sy loop'n kamer in waar twee omies lê.

Ja, waarmee kan sy help? Die klok is mos gelui.

“Suster, wat met my tanne gebeur het, weet ek nie. Dit smaak my
of ek ve'môre met'n paar skeefgetrapte skoene probeer kou het,”
beduie die een ou.



Die ander een sê: “Suster, was myne maar soos 'n paar skjeefgetrapte skoene. Ek het om my brekfiseiertjie 'n dans uitgevoer, jy
kan sê, met 'n nommer-vyf-pantoffel en 'n nommer-elf-army- 
boot.” 

“Haal uit!” sê die hoofsuster. “Daar moet 'n fout gekom het; ek sal 
hulle nóú laat wegvat.” 

Sy is nog aan die inloop in die volgende saal, toe begin praat 'n ou 
tante al: 

“Ai, my kind, ek was dan nou net aan die beter word, en nou voel 
ek so mismoedig. Dis kompleet of my bo-kop gekrimp het. My 
tandvleis kom nie innie gleuf van my tanne in nie; ek byt al op die 
bo-plaat se verhemelte laans.” 

'n Ander een kla dat sy met haar onderkakebeen buite die stelle- 
tjie om byt. 

“Suster ek had aanmekaar die tanne ennie kos deurmekaar. Dit 
was op nerf na of ek sluk die hele spulletjie in.” 

Nee, daar's fout, beduie die hoofsuster. Gee net kans, dan kom die 
ding reg. 

In 'n ander saal het 'n ou oom sy tande uit en hy korrel om te pro- 
beer uitmaak wat hy sien. 

“Suster, ek het nie my leesbril hier nie. Maar dis die hardste eier 
wat ek in my leefdag geëet het. Ek het 'n stuk tussen my tanne in- 
gebyt en ek kan hom nou wragtag nie uitkry nie.” 

“Dis loutere goud, Oom,” sê die hoofsuster ná sy self van naby 
gekyk het. 

Die oubaas is daaroor meer vies as wat hy sou wees as hy moes 
weet dat hy met geleende tande geëet het. 

“Maar ek het mos nie gevra julle moet goud daar insit nie.” 

“Wag, Oom, dit kom nou-nou reg; ek laat haal die stukkie goud 
weer uit.” 

Die volgende kamer se pasiënt het nie die ontbyt heelhuids oorleef 
nie. 

“Suster, jy moet vir my hier 'n dokter kry om my tong te lap. Hy”s 
so toiingrig soos 'n sak waarmee 'n klomp kleinhonne 'n nag 
omgespeel het. 

“Ek kon vammôre byt soos ek wil, maar dit bly verkeerd.” 

Die suster beloof verligting. 

Langsaan gaan dit insgelyks nie beter nie:

“Suster, my troue ou malers het ve'môre die gjees gegjee.

“Dit smaak my die nursie het hulle skoon gekook en toe in 'n trek
neergesit lat hulle kon afkoel.



“Kyk hoe oorhoeks is hulle. Ek kou lat ek bars, maar ek kry nooit
meer as net twee tanne op 'n slag bo mekaar nie.”

Net 'n bietjie geduld en die oorhoeksheid is daarmee heen, beduie
die hoofsuster.

En so sluit die een treurmare by die ander aan.

Een ou tante probeer haar mond toe kry, maar sy bly glimlag van
oor tot oor.

'n Ander se lippe vou rolle voor sy nog die tande op mekaar het.

Nog een lyk of sy haar kieste opgeblaas het; 'n ander een se gesig
is skeef.

Een ou oom het niks in sy mond nie.

“Waar is die tanne dan vanmôre, oupa?” wil die suster weet.

“Jy moet maar hier op die vloer in die blik kyk. Ek het hulle
weggesmyt. Ek het vannie vervloekste goed nog net pyn en smarte
gehad vannie dag lat ek hulle gekry het. Maar vanmôre is hulle
meer erg. Toe sê ek: Dissie laaste; weg is julle.”

Sy ou kamermaat sê: “Ja, en myne voel ve'môre soos twee bekrekkers wat ek hier glyk in my mond het. Ek is lus en raak van hulle ook ontslae.”

Nou ja, dit was al teen middagete se stryk, toe spook die hoofsuster en die leerlingverpleegster nog steeds om vir party van die stelle tande base te kry.

Toe sê die leerlingverpleegster: “Suster vandag het ek baie
geleer. Ek sal môre slimmer wees. Ek sal eers allie bo-tanne was;
dan kan ek mos op die onnertanne pas waffer die regte is. En dan
vat ek weer die onnertanne.”

“Ja” sê die ou hoofsuster, “ek het ook vandag iets geleer, en dis
lat jy liewer in 'n hotel moet loop werk soek, waar jy kan skoene
skoonmaak. Want as hulle deurmekaar raak, hoef hulle darem nie
ná elke aanpas gewas te word nie.”



Huiswerk vir les 5

 1. Woordelys  bladsy 9 en 10.

   en... rekenaar gerelateerde woordelys... sien hieronder...
 Toets daaroor in les 5.


2. Presentasie voorberei… al grootliks gedoen in les 4 
ALGEMEEN: - Skryf dit goed en stuur so vinnig moontlik na my epos adres; dan sal dit heen-en weer gaan tot dit goed is;  ek sal jou help om foute uit te haal, en verbeterings te maak. Uiteindelik sal ons toewerk na ’n presentasie sonder foute.
Moet dit nie uitstel tot die laaste dae nie, want dit sal heelwat heen en weer gestuur moet word vir verbeteringe.
Ek gee jou wel aanwysings, maar jy moet self die foute uithaal.

Dan sal jy dit uit jou kop moet leer om dit in les 5 te kan vertel.



Rekenaar gerelateerde woordelys: 


aanhegsel                     bijlage
aanlyn                           online
aflyn                              offline
aflaai                             download
blad/ bladsy                 ‘page‘
drukbare weergawe    printable
ikoon                              pictogram
kanselleer                     annuleren
kliek                               click
rekenaarstelsel             computer systeem
koekie                            cookie
lêer(s)                            bestand(en)
rekenaar                       computer
selfoon                          mobiel (telefoon)
skakel                             link
skootrekenaar              laptop
stoor                              opslaan
tuisblad                         home
voorskou                       weergawe
webwerf/webwerwe   website/websites

dinsdag 17 juni 2025

Die Onse Vader

Onse Vader wat in die hemele is,
laat u Naam geheilig word.
Laat u koninkryk kom.
Laat u wil geskied,
soos in die hemel net so ook op die aarde.
Gee ons vandag ons daaglikse brood,
En vergeef ons ons skulde,
soos ons ook ons skuldenaars vergewe.
En lei ons nie in versoeking nie,
maar verlos ons van die Bose.
Want aan U behoort die koninkryk en die krag
en die heerlikheid tot in ewigheid.

Amen

woensdag 4 juni 2025

Huiswerk vir les 4

ONTHOU: jy kan alles altyd terug soek op die blog AfrikaansvirVIAA



1. Afrikaanse woordelys:
Leer bladsy 7 en 8; julle kry hieroor 'n toets aan die begin van les 4!

2. OpSTAP minicursus Afrikaans;
bladsy 88 tot 102
Vat dit saam klas toe!! Verdeel die bladsye oor die aantal dae, en doen elke dag 'n gedeelte.
Ek wil die huiswerk op papier, en indien moontlik ook via epos hê.
Ek sal die oefeninge nog behandel in les 4.

3. Skryf die teks waarin jy jouself voorstel 
Sien die tema's in die ander epos wat jy kry hierna.
Sodra jy dit klaar geskryf het stuur dit asseblief in 'n WORD-dokument, dan kan ek sien of jy al goed vorder. 
Julle gaan dit voordra in les 5..
Ek sal julle begelei daarin om dit reg te kry sonder foute in die komende weke.







woensdag 21 mei 2025

Huiswerk vir les 3

1. Afrikaanse woordelys:
Leer bladsy 4,5 en 6 
...  julle kry hieroor 'n toets aan die begin van les 3!
Uitspraak - sien epos !

2. OpSTAP minicursus Afrikaans; 
    vir les 3 : bladsy 45 tot 87
PS - net om julle te help met die huiswerk - 
"Elk" se verbuiging is 'n uitsondering op die reël : dit is altyd " elke ".. dit sal jammer wees as julle dit elke keer verkeerd het.
Vat dit saam klas toe!! Verdeel die bladsye oor die aantal dae, en doen elke dag 'n gedeelte.
Ek wil graag sien dat jy die huiswerk gedoen het, en indien moontlik ook via epos hê.
Indien nodig sal ek al die oefeninge nog behandel in les 3.


3. Lees 'Dikwels gebruikte sinne' aandagtig deur.
     meerdere kere
    sien eerdere epos vir uitspraak

4.  Van die verhaal "Waar die eerste seekoei vandaan kom" neerskryf:
NB ek wil dit graag sien in les 3, asseblief

-- 10 voorbeelde van verkleinwoorde,
-- 10 voorbeelde van meervoude
-- 10 voorbeelde van dubbele ontkenning (die sin voluit uitskryf!),
-- die afrikaanse woorde van hierdie verhaal waarvan jy nie die betekenis weet nie  

5. Elke dag - luister so 'n half uur per dag
  http://www.rsg.co.za/luister.asp 
Daar is ook oulike kortverhale in 'KORTOM', dit kan jy hier vind: 
http://www.rsg.co.za/potgooi-soek.asp?ProgramID=189
PS blaai na onder op die bladsy, daar sien jy al die KORTOM verhale, baie bladsye ook!
 Onthou - geniet daarvan om afrikaans te leer!

donderdag 8 mei 2025

Huiswerk vir les 2

Ek hoop julle het die eerste les geniet! 


Die huiswerk vir volgende keer:

1. Afrikaanse woordelys:


Leer bladsy 1, 2 en 3;
        ek stuur 'n
epos met die uitspraak van hierdie 3 bladsye
        julle kry hieroor 'n toets aan die begin van les 2


2. OpSTAP minicursus Afrikaans; 
- (dit is waarvoor die geluidslêers is, né!)
gestuur met epos
- werk bladsy 16 tot en met bladsy 44 deur, met geluid.
- slaan oefening 3 en 4 asseblief oor!

Verdeel die bladsye oor die aantal dae, en doen elke dag 'n gedeelte.
Ek sal in les 2 ook 'n uitspraaktoets doen (die toets is gebaseer op die geluidslêers wat by die OpStap boekie hoort) .

3. Lees 'Dikwels gebruikte sinne' aandagtig deur.
 bladsy 1: meerdere kere  uitspraak daarvan in epos

4. Elke dag - luister so'n halfuur na die afrikaanse radio.

 http://www.rsg.co.za/luister.asp 
Daar is ook oulike kortverhale in 'KORTOM', dit kan jy vind onder programme. (by die K van A t/m Z)
Kyk maar bietjie rond.



woensdag 23 april 2025

Sproetjies - lekker sing...

Sproetjies op YouTube


Daar's 'n park in my tuisdorp, ver weg van die stad se lawaai
Waar die kinders na skool in die middae kom speel en baljaar
En eendag sien ek 'n klein dogtertjie eenkant alleen
Met traantjies wat rol oor haar sproetgesiggie heen.


En ek sê Sproetjies, liefling, daar's 'n reenboog in jou oë
Wil jy graag 'n groot geheim hoor : almal wil graag soos jy wees
Want jy's pragtig, liefling, en sy druk saggies my hand
En sê ek wens ek kon my deur jou oë sien.


Al die somers en winters is nou reeds so lankal verby
En die glimlag van jonkwees verberg soms 'n ou hartseer tyd
En eendag sien ek Sproetjies weer, en my oë staar verdwaas
Want die lelike eendjie verander in die mooiste swaan.


En ek sê sproetjies, jy's pragtig
En sy druk saggies my hand
En sê ek wens ek kon my deur jou oë sien.


Ek gaan na die skouburg een aand na 'n opvoering kyk
En daar dans 'n meisie wat net soos 'n feeprinses lyk
Met 'n glimlag so stralend begroet sy die hele gehoor
Ek sien toe dis sproetjies wat harte so bekoor.



En ek sê Sproetjies, liefling daar's 'n reenboog in jou oë
Onthou jy nog die parkie, en die trane in jou oë
Sproetjies, jy's pragtig, en ek hou haar teen my vas
Sy sê : ek wens ek kon my deur jou oë sien
Ek wens ek kon my deur jou oë sien.

vrijdag 18 april 2025

Dankie vir ...



Huiswerk:
1. Sing dit saam tot jy dit lekker kan saamsing, en jou uitspraak ook veral goed is.

2. Skryf die selfstandige naamwoorde neer.

3. Kan jy verkleinwoorde ontdek?

4. Soek die meervoude (as ek so kyk is dit 5)


stuur jou antwoorde na ellieknol@hotmail.com in 'n WORD lêer asseblief.


die hyperlink is onder die woord dankie

Dankie vir hierdie skone môre.
Dankie vir hierdie nuwe dag.
Dankie dat U oor my gewaak het deur die donker nag.

Dankie vir al die goeie vriende.
Dankie vir elke boom en blom.
Dankie vir al die seëninge wat na my toe kom.

Dankie vir elke kinderlaggie.
Dankie vir elke sonnestraal.
Dankie dat ek my weg terugvind waar ek ookal dwaal.

Dankie vir vlaktes en vir berge.
Dankie vir elke silwerstroom.
Dankie vir al ons ideale, elke goue droom.

Dankie vir al die goeie vriende.
Dankie vir elke boom en blom.
Dankie vir al die seëninge wat na my toe kom.

Dankie vir hierdie skone môre.
Dankie vir hierdie nuwe dag.
Dankie dat U oor my gewaak het deur die donker nag.

Dankie dat U oor my gewaak het deur die donker nag.



maandag 14 april 2025

Suid Afrika ek het jou lief


Ek het vandag 'n baie lekker saam-sing liedjie, wat nie baie moeilike woorde het nie, sodat julle bietjie gewoond kan raak aan die klank van afrikaans.
Let goed op jou uitspraak veral! Die goeie teks is hier op die blog, die teks onder die liedjie lyk baie sleg..


Die huiswerk is onder die liedjie.

GENIET!

Op YOU-TUBE: Suid Afrika ek het jou lief


Suid-Afrika ek het jou lief
Suid-Afrika my hartedief
Jy het my hart gesteel
Wil jou met niemand deel

Suid-Afrika ek het jou lief
Suid-Afrika my hartedief
Vir my so wonderbaar
Altyd wag liefde daar

Al die nooiens is so mooi en fraai
Kan jou vinnig om hul vingers draai
Opgewekte laggies vrolik bly
Is daar dalk een vir my

Blomme wat jou wye veld versier
Wintersmaande voel soos lente hier
En jou lug is altyd vars en skoon
In jou hart wil ek woon

Suid-Afrika ek het jou lief
Suid-Afrika my hartedief
Jy het my hart gesteel
Wil jou met niemand deel

Suid-Afrika ek het jou lief
Suid-Afrika my hartedief
Vir my so wonderbaar
Altyd wag liefde daar

Al die nooiens is so mooi en fraai
Kan jou vinnig om hul vingers draai
Opgewekte laggies vrolik bly
Is daar dalk een vir my

Blomme wat jou wye veld versier
Wintersmaande voel soos lente hier
En jou lug is altyd vars en skoon
In jou hart wil ek woon

Suid-Afrika ek het jou lief
Suid-Afrika my hartedief
Jy het my hart gesteel
Wil jou met niemand deel

Suid-Afrika ek het jou lief
Suid-Afrika my hartedief
Vir my so wonderbaar
Altyd wag liefde daar

Suid-Afrika ek het jou lief
Suid-Afrika my hartedief



PS ...die huiswerk via my persoonlike e-pos adres asseblief.

DANKIE!




HUISWERK graag met e-pos in 'n WORD lêer:

1. Sing dit lekker saam totdat jy dit uit jou kop kan sing, let baie goed op jou uitspraak!

2. Vul die antwoord in. (cursief = nederlands)
ik =
bloemen =
vrolijk =
ik heb je lief =
verkleinwoord (en meervoud) van 'lag' =
verlede tyd van steel =

3. Wat beteken die volgende woorde :
vars=
fraai =
nooiens =
vinnig =


woensdag 9 april 2025

Lei mij Here


Lei my, Here lei my, Here lei my
Lei my na die waters
Waar daar rus is

Soos 'n boom, geplant by die waterstrome
Wat die vrugte gee van ons JesusOp die regte tyd


die lied op You Tube:


HUISWERK:
1. leer dit uit jou kop, sodat jy lekker kan saamsing


2 Soek die lidwoorde (in Nederlands : een, de en het)
skryf dit as volg op : de vruchten (voorbeeld in nederlands)

WAT het jy hieruit geleer - hoeveel lidwoorde is daar in afrikaans?