dinsdag 29 april 2025

Kleine wilde rosie

Kleine wilde rosie

SING LEKKER SAAM! 

Kleine wilde rosie
kleine wilde rosie
jy behoort hier aan my sy
dink jy nie ook soms aan my
Kleine wilde rosie
kleine wilde rosie
mooiste blom in die vallei
vir jou sal ek nog kry

'n Huisie bou ek net vir jou
waar ons sal woon en droom

Kleine wilde rosie
kleine wilde rosie
lank het ek gesoek na jou
wil jou in my hart behou
Om my helder kleure
wonderlike geure
al die blomme lyk so mooi
en tog word jy my nooi

'n Huisie bou ek net vir jou
waar ons sal woon en droom

Kleine wilde rosie
kleine wilde rosie
mooiste blom in die vallei
vir jou sal ek nog kry
mooiste blom in die vallei
vir jou sal ek nog kry

woensdag 23 april 2025

Sproetjies - lekker sing...

Sproetjies op YouTube


Daar's 'n park in my tuisdorp, ver weg van die stad se lawaai
Waar die kinders na skool in die middae kom speel en baljaar
En eendag sien ek 'n klein dogtertjie eenkant alleen
Met traantjies wat rol oor haar sproetgesiggie heen.


En ek sê Sproetjies, liefling, daar's 'n reenboog in jou oë
Wil jy graag 'n groot geheim hoor : almal wil graag soos jy wees
Want jy's pragtig, liefling, en sy druk saggies my hand
En sê ek wens ek kon my deur jou oë sien.


Al die somers en winters is nou reeds so lankal verby
En die glimlag van jonkwees verberg soms 'n ou hartseer tyd
En eendag sien ek Sproetjies weer, en my oë staar verdwaas
Want die lelike eendjie verander in die mooiste swaan.


En ek sê sproetjies, jy's pragtig
En sy druk saggies my hand
En sê ek wens ek kon my deur jou oë sien.


Ek gaan na die skouburg een aand na 'n opvoering kyk
En daar dans 'n meisie wat net soos 'n feeprinses lyk
Met 'n glimlag so stralend begroet sy die hele gehoor
Ek sien toe dis sproetjies wat harte so bekoor.



En ek sê Sproetjies, liefling daar's 'n reenboog in jou oë
Onthou jy nog die parkie, en die trane in jou oë
Sproetjies, jy's pragtig, en ek hou haar teen my vas
Sy sê : ek wens ek kon my deur jou oë sien
Ek wens ek kon my deur jou oë sien.

vrijdag 18 april 2025

Dankie vir ...



Huiswerk:
1. Sing dit saam tot jy dit lekker kan saamsing, en jou uitspraak ook veral goed is.

2. Skryf die selfstandige naamwoorde neer.

3. Kan jy verkleinwoorde ontdek?

4. Soek die meervoude (as ek so kyk is dit 5)


stuur jou antwoorde na ellieknol@hotmail.com in 'n WORD lêer asseblief.


die hyperlink is onder die woord dankie

Dankie vir hierdie skone môre.
Dankie vir hierdie nuwe dag.
Dankie dat U oor my gewaak het deur die donker nag.

Dankie vir al die goeie vriende.
Dankie vir elke boom en blom.
Dankie vir al die seëninge wat na my toe kom.

Dankie vir elke kinderlaggie.
Dankie vir elke sonnestraal.
Dankie dat ek my weg terugvind waar ek ookal dwaal.

Dankie vir vlaktes en vir berge.
Dankie vir elke silwerstroom.
Dankie vir al ons ideale, elke goue droom.

Dankie vir al die goeie vriende.
Dankie vir elke boom en blom.
Dankie vir al die seëninge wat na my toe kom.

Dankie vir hierdie skone môre.
Dankie vir hierdie nuwe dag.
Dankie dat U oor my gewaak het deur die donker nag.

Dankie dat U oor my gewaak het deur die donker nag.



maandag 14 april 2025

Suid Afrika ek het jou lief


Ek het vandag 'n baie lekker saam-sing liedjie, wat nie baie moeilike woorde het nie, sodat julle bietjie gewoond kan raak aan die klank van afrikaans.
Let goed op jou uitspraak veral! Die goeie teks is hier op die blog, die teks onder die liedjie lyk baie sleg..


Die huiswerk is onder die liedjie.

GENIET!

Op YOU-TUBE: Suid Afrika ek het jou lief


Suid-Afrika ek het jou lief
Suid-Afrika my hartedief
Jy het my hart gesteel
Wil jou met niemand deel

Suid-Afrika ek het jou lief
Suid-Afrika my hartedief
Vir my so wonderbaar
Altyd wag liefde daar

Al die nooiens is so mooi en fraai
Kan jou vinnig om hul vingers draai
Opgewekte laggies vrolik bly
Is daar dalk een vir my

Blomme wat jou wye veld versier
Wintersmaande voel soos lente hier
En jou lug is altyd vars en skoon
In jou hart wil ek woon

Suid-Afrika ek het jou lief
Suid-Afrika my hartedief
Jy het my hart gesteel
Wil jou met niemand deel

Suid-Afrika ek het jou lief
Suid-Afrika my hartedief
Vir my so wonderbaar
Altyd wag liefde daar

Al die nooiens is so mooi en fraai
Kan jou vinnig om hul vingers draai
Opgewekte laggies vrolik bly
Is daar dalk een vir my

Blomme wat jou wye veld versier
Wintersmaande voel soos lente hier
En jou lug is altyd vars en skoon
In jou hart wil ek woon

Suid-Afrika ek het jou lief
Suid-Afrika my hartedief
Jy het my hart gesteel
Wil jou met niemand deel

Suid-Afrika ek het jou lief
Suid-Afrika my hartedief
Vir my so wonderbaar
Altyd wag liefde daar

Suid-Afrika ek het jou lief
Suid-Afrika my hartedief



PS ...die huiswerk via my persoonlike e-pos adres asseblief.

DANKIE!




HUISWERK graag met e-pos in 'n WORD lêer:

1. Sing dit lekker saam totdat jy dit uit jou kop kan sing, let baie goed op jou uitspraak!

2. Vul die antwoord in. (cursief = nederlands)
ik =
bloemen =
vrolijk =
ik heb je lief =
verkleinwoord (en meervoud) van 'lag' =
verlede tyd van steel =

3. Wat beteken die volgende woorde :
vars=
fraai =
nooiens =
vinnig =


woensdag 9 april 2025

Lei mij Here


Lei my, Here lei my, Here lei my
Lei my na die waters
Waar daar rus is

Soos 'n boom, geplant by die waterstrome
Wat die vrugte gee van ons JesusOp die regte tyd


die lied op You Tube:


HUISWERK:
1. leer dit uit jou kop, sodat jy lekker kan saamsing


2 Soek die lidwoorde (in Nederlands : een, de en het)
skryf dit as volg op : de vruchten (voorbeeld in nederlands)

WAT het jy hieruit geleer - hoeveel lidwoorde is daar in afrikaans?

maandag 7 april 2025

Julle eerste blogberiggie..

STUUR julle dadelik 'n BERIGGIE aan ellieknol@hotmail.com wanneer jy dit lees ASSEBLIEF?! Dan kan ek kontroleer of julle almal hierdie berig gekry het ...


 Ek neem aan julle gaan ook hier bly, by oom Piet en tannie Carolien Agema, in Pretoria, sommer naby die skool en kerk van die Vrye Gereformeerde Kerk. Ek het hierdie foto 'n paar jare terug gemaak ... ek het o.a. gaan kuier by tannie Carolien. 

 ******
Hierbij dan die eerste beriggie van die blog wat ek VIR JULLE gemaak het. 
Vanaf vandag gaan ek vir julle evalueer.
Laat ons ook met mekaar afspreek: as daar iets is wat jy nie verstaan nie: VRA! (als er iets is dat je niet begrijpt: vragen!)

Al voor die eerste les gaan julle al opdraggies doen, opdrag nie ingelewer (via epos) is nul punte.
Later, tydens die lesse kry julle elke week nuwe huiswerk, en ek verwag dat jullie die huiswerk skriftelik saamvat klas toe. (saamvat=meenemen)
 Julle kry elke keer punte daarvoor. 
Vir huiswerk nie of te laat ingelewer kry jy nul punte.

Ek verwag nie dat jy geen foute maak nie, maar dit gaan veral om jou inset-  ek kan sien of jy jou huiswerk sommer net gou-gou gedoen het, of erns daarmee gemaak het. 

Probeer al in afrikaans terug te skryf - dan sal ek die foute verbeter, sodat julle daarvan kan leer.