woensdag 21 mei 2025

Huiswerk vir les 3

1. Afrikaanse woordelys:
Leer bladsy 4,5 en 6 
...  julle kry hieroor 'n toets aan die begin van les 3!
Uitspraak - sien epos !

2. OpSTAP minicursus Afrikaans; 
    vir les 3 : bladsy 45 tot 87
PS - net om julle te help met die huiswerk - 
"Elk" se verbuiging is 'n uitsondering op die reël : dit is altyd " elke ".. dit sal jammer wees as julle dit elke keer verkeerd het.
Vat dit saam klas toe!! Verdeel die bladsye oor die aantal dae, en doen elke dag 'n gedeelte.
Ek wil graag sien dat jy die huiswerk gedoen het, en indien moontlik ook via epos hê.
Indien nodig sal ek al die oefeninge nog behandel in les 3.


3. Lees 'Dikwels gebruikte sinne' aandagtig deur.
     meerdere kere
    sien eerdere epos vir uitspraak

4.  Van die verhaal "Waar die eerste seekoei vandaan kom" neerskryf:
NB ek wil dit graag sien in les 3, asseblief

-- 10 voorbeelde van verkleinwoorde,
-- 10 voorbeelde van meervoude
-- 10 voorbeelde van dubbele ontkenning (die sin voluit uitskryf!),
-- die afrikaanse woorde van hierdie verhaal waarvan jy nie die betekenis weet nie  

5. Elke dag - luister so 'n half uur per dag
  http://www.rsg.co.za/luister.asp 
Daar is ook oulike kortverhale in 'KORTOM', dit kan jy hier vind: 
http://www.rsg.co.za/potgooi-soek.asp?ProgramID=189
PS blaai na onder op die bladsy, daar sien jy al die KORTOM verhale, baie bladsye ook!
 Onthou - geniet daarvan om afrikaans te leer!

Kom ons sing Psalm 100

Kom ons sing Psalm 100 

Psalm 100 op werf van die VGKSA

Psalm 100

PSALM 100
'n Psalm.
By die lofoffer. Juig voor die HERE, o ganse aarde!
Dien die HERE met blydskap; kom voor sy aangesig met gejubel.

Erken dat die HERE God is: Hy het ons gemaak, en ons is syne, sy volk en die skape van sy weide.

Gaan sy poorte in met lof, sy voorhowe met lofgesang; loof Hom, prys sy Naam.

Want die HERE is goed; sy goedertierenheid is tot in ewigheid, en sy trou van geslag tot geslag.

Waar die eerste seekoei vandaan kom



Sien huiswerk vir les 2! 

NB Jy mag dit by my inlewer na les 2, asseblief. 
Ons sal dit in les 2 klassikaal behandel.
-- 10 voorbeelde van verkleinwoorde,
-- 10 voorbeelde van dubbele ontkenning (die sin voluit uitskryf, net die hoofsin!),
-- 10 afrikaanse woorde van hierdie verhaal waarvan jy nie die betekenis weet nie - 
    -  ook : daarvan die nederlandse betekenis  (WOORDEBOEK).
    -  Maak ook 'n nuwe sin (Afrikaans) daarmee .
 

Taalkunde 1.0

 








donderdag 8 mei 2025

Persoonlike voornaamwoorde op 'n ry


 

Huiswerk vir les 2

Ek hoop julle het die eerste les geniet! 


Die huiswerk vir volgende keer:

1. Afrikaanse woordelys:


Leer bladsy 1, 2 en 3;
        ek stuur 'n
epos met die uitspraak van hierdie 3 bladsye
        julle kry hieroor 'n toets aan die begin van les 2


2. OpSTAP minicursus Afrikaans; 
- (dit is waarvoor die geluidslêers is, né!)
gestuur met epos
- werk bladsy 16 tot en met bladsy 44 deur, met geluid.
- slaan oefening 3 en 4 asseblief oor!

Verdeel die bladsye oor die aantal dae, en doen elke dag 'n gedeelte.
Ek sal in les 2 ook 'n uitspraaktoets doen (die toets is gebaseer op die geluidslêers wat by die OpStap boekie hoort) .

3. Lees 'Dikwels gebruikte sinne' aandagtig deur.
 bladsy 1: meerdere kere  uitspraak daarvan in epos

4. Elke dag - luister so'n halfuur na die afrikaanse radio.

 http://www.rsg.co.za/luister.asp 
Daar is ook oulike kortverhale in 'KORTOM', dit kan jy vind onder programme. (by die K van A t/m Z)
Kyk maar bietjie rond.



woensdag 7 mei 2025

Dikwels gebruikte sinne PABO

GELUID: ek sal dit nog inspreek en opstuur via epos; ek dink julle sal nou al baat hê deur dit te lees en luister. Ons sal in die lesse ook elke keer hierna verwys.   

Hallo, my naam is ------------. Wat is jou naam?

Aangename kennis, my naam is….

Goeiemôre oom/tannie (vriendskaplik)

Hoe gaan dit?

Baie goed dankie, self?

Ek leer om ’n onderwyseres te word vir die laerskool.

Ek bly in Nederland, in ......

Mooi bly!

Laat dit goed gaan!

Sien julle môre!

Ta-ta, tot môre!

Sien julle môre!

Lekker speel!

Ek hoop dat julle my`n bietjie kan verstaan.

Ek kan nog nie baie goed afrikaans praat nie.

Hoe sê jy dit in Afrikaans?

Ek kan net 'n bietjie afrikaans praat.

Ekskuus? (as jy iets nie verstaan nie)

Ek verstaan nie (?)

Ek hou daarvan om ’n spannende boek te lees.

Daardie boek wil ek nog eendag lees.

Moenie daardie boek lees nie, dit is te moeilik.

Sy is iemand op wie jy kan vertrou.

 

Waar kan ek my goed bêre?

In watter klas moet ek wees?

 

Lekker verjaar.

Baie geluk met jou verjaarsdag.

Wat wil jy drink,  koffie, of liewers koeldrank?

Ek sal kofiie drink, dankie.

Nee dankie, ek sal nie nou iets drink nie.

Baie dankie.  

Dit is `n plesier!

 

Smaaklike ete!

Kry vir jou meer vleis.

Sjoe, maar dit is lekker!

Baie dankie, die kos was lekker!

 

Hoe kom ons by die skool?

 

A, nee a! So maak mens mos nie!

Sal ek `n storie vir julle vertel/voorlees?  

Julle moenie so’n geraas maak nie!

Ek wil graag hê julle moet stil bly.

Gerda, sal jy wil stilbly asseblief?

Ek wil hê julle moet nou vir my luister.

Jy moet nou luister.

Dit is baie oulik!

Mooi so, jy is amper klaar!

Moenie daaraan vat nie, jy gaan seer kry!

Julle kan julle tasse vat en in die ry gaan staan.

Ag, siestog! Het jy seergekry? 

Julle kan gaan sit.

Julle almal kan buite gaan sit.

Maak oop die boek op bladsy 12.

Vat julle boeke asseblief.

Kom ons sing psalm 100 vers 2.

Kom ons luister bietjie na die pragtige musiek van ....
Wil jy iets vra, steek jou vinger op asseblief.

As jy die antwoord weet, steek jou vinger op asseblief.

Jy moenie so vinnig praat nie, want dan kan ek jou nie verstaan nie.

Wie weet die antwoord?

Wil jy iets vra?

Wat wil jy vra?

Hoeveel kinders is daar in hierdie klas?

Ek dink die somme is reg so. (ik geloof dat de sommen zo goed zijn)

Ek moet my oor daardie kinders ontferm.

Het jy dalk ‘n rooi pen vir my?

Die kinders is baie stadig met leerwerk.

Nee, dis nie snaaks nie!

Ek is baie jammer …

Kom hier, dat ek jou `n drukkie kan gee.

 

Hoeveel kinders het u?

Hoeveel kinders is julle by die huis?

Waar gaan u kerk toe?

Ek gaan huis toe.

Ek is by die huis.

Ek het myself tuis gevoel by hulle.

Ek gaan skool toe.

Ek gaan fietsry.

Waar bly u?

Ek het hom gesien.

 

Ek sal dit koop

Aanvaar u ’n kredietkaart?

Ek wil graag …. koop.

Hoe laat is dit?

Hoeveel kos dit? (kos = prijs)

Bring asseblief die rekening

Hoe kom ons by die winkel?

Ek wil net een pakkie botter hê, dankie!

Ek wil môre graag die inkopies gaan doen

Die supermarkte is op Sondae toe. Maandag is hulle weer oop.  

 

Is daar ’n kamer beskikbaar vir vannag?

Ek gaan lughawe toe.

Ons gaan Kaap toe

Hoeveel kos ’n kaartjie?

Een kaartjie na Kaapstad asseblief?

Waarheen gaan u?

Mevrou, kan u my asseblief help?
Ek sou jou baie graag wil help, maar ek kan nie.

U gee nie om as ek hier rook nie?

Is die kar wat ons huur heeltemal nuut?

Ons het al vakansie gehou in die Kaap.

Ons vlieg Maandag Kaapstad toe.

Skakel die ligte van die kar aan in die tonnel.

Sal jy my skakel as jy meer weet?

Ek kan nie slaap as die ligte in die kamer aan is nie.

Ek kan beter slaap as die ligte uitgeskakel is.

Ek kan nie die motor se sleutels vind nie.

My kar staan om die hoek geparkeer.

Die boomryke strate lyk pragtig in die lente.

Ons was gister heeldag strand toe!

Ek wil liewer nie in daardie kamer slaap nie.

Die pad na Kaapstad is baie lank.

‘n Mens moet versigtig wees om in die aand uit te gaan.

Jy weet mos dat ek nie kan swem nie?

Dit gaan volgende week reën!

Ek het dit met my eie oë gesien.

Die huise het almal hoë hekke...

Ek het Woensdag heeldag gewerk.

Môre gaan ek ‘n brief skryf aan die hoof van die skool.

Hy het op ‘n klip langs die pad gaan sit.

Dit is nie waar nie.

Hierdie foto is pragtig, maar ek hou ook van daardie een.

Het jy gehoor dat my pa gisteraand gebel het?
My ma-hulle het kaas uit Nederland vir my gestuur.

Ek het gister ‘n e-pos van my ma gekry.

Ek het die hele dag aan jou gedink.

Ek sal graag die koerant wil lees.

Ek sal dit môre dadelik doen. 

Die klein blou trekkertjie

 
















Voorstellings ronde... les 1

Ek is...
(my naam is...)


Ek bly in ... 

My stokperdjie (s) is .... 
(ek hou daarvan om ...) 

Ek gaan Suid-Afrika toe omdat... 

Psalm 19


VIR die musiekleier. 'n Psalm van Dawid

 Die hemele vertel die eer van God, en die uitspansel verkondig die werk van sy hande.
Die een dag stort vir die ander 'n boodskap uit, en die een nag kondig vir die ander kennis aan:
daar is geen spraak en daar is geen woorde nie -- onhoorbaar is hulle stem.
 Hulle meetsnoer gaan uit oor die hele aarde, en hulle woorde tot by die einde van die wêreld. Vir die son het Hy daarin 'n tent gemaak;
en dié is soos 'n bruidegom wat uitgaan uit sy slaapkamer; hy is bly soos 'n held om die pad te loop.
 Sy uitgang is van die einde van die hemel af, en sy omloop tot by die eindes daarvan, en niks is verborge vir sy hitte nie.
 Die wet van die HERE is volmaak: dit verkwik die siel; die getuienis van die HERE is gewis: dit gee wysheid aan die eenvoudige.
 Die bevele van die HERE is reg: hulle verbly die hart; die gebod van die HERE is suiwer: dit verlig die oë.
Die vrees van die HERE is rein: dit bestaan tot in ewigheid; die verordeninge van die HERE is waarheid -- tesame is hulle regverdig.
 Hulle is begeerliker as goud, ja, as baie fyn goud; en soeter as heuning en heuningstroop.
 Ook word u kneg daardeur gewaarsku; in die onderhouding daarvan is groot loon.
Die afdwalinge -- wie bemerk hulle? Spreek my vry van die wat verborge is.
Hou u kneg ook terug van moedswillige sondes; laat dit nie oor my heers nie. Dan sal ek onbestraflik wees en vry van groot oortreding.

Laat die woorde van my mond en die oordenking van my hart welbehaaglik wees voor u aangesig, o HERE, my rots en my verlosser!