Ek plaas dit op die blog net sodat julle dit kan gebruik as julle in SA is.
'n Groot aantal tegniese woorde en terme wat in wiskunde ingespan word:
Bewerkingstekens
+ (plus) - (minus) × (maal) ÷ (deel).
27 + 19 = 46
212 - 88 = 124
63 × 9 = 567
1008 ÷ 18 = 56
Verwantskapstekens
gelyk aan (=); groter as (>) kleiner as (<).
15 > 1,5 (15 is groter as 1,5)
3,3 km = 3 300m (3,3 km is gelyk aan 3 300 m)
50 g < 0,5 kg (50 g is kleiner as 0,5 kg)
Som van / vermeerder / totaal
Die som van 23 en 47 is 70.
As mens 32 met 87 vermeerder, kry mens 119.
Die totaal van 56 en 76 is 132.
Verskil / verminder / - (minus)
Die verskil tussen 24 en 69 is -45.
As mens 244 met 46 verminder kry mens 198.
Produk van / vermenigvuldig / × (maal)
Die produk van 17 en 22 is 374.
As mens 11 en 334 vermenigvuldig kry mens 3674.
Deler / deeltal / kwosiënt / ÷ (deel)
12 (deeltal) ÷ 3 (deler) = 4 (kwosiënt)
15 (deeltal) ÷ 4 (deler) = 3 res 3 (kwosiënt)
Veelvoude
Veelvoude is getalle waarin die gevraagde getal presies kan indeel.
V3 (veelvoude van 3): 3; 6; 9; 12; 15; 18; ....
V12 (veelvoude van 12): 12; 24; 36; 48; 60; 72; ....
Faktore
'n Faktor is 'n heelgetal wat presies in 'n spesifieke getal indeel (sonder 'n res).
F8 (faktore van 8): 1; 2; 4; 8
F15 (faktore van 15): 1; 3; 5; 15
Magte
'n Mag dui die hoeveelheid keer aan wat 'n getal met homself vermenigvuldig moet word.
2² (2 tot die mag 2) beteken: 2 × 2
7³ (7 tot die mag 3) beteken: 7 × 7 × 7
Getalle
'n Ander woord vir syfers / nommers.
Natuurlike getalle (N): 1; 2; 3; 4; 5; 6; ....
Telgetalle (N0): 0; 1; 2; 3; 4; 5; ....
Heelgetalle (Z): -3; -2; -1; 0; 1; 2; 3; ....
Ewe getalle: 2; 4; 6; 8; 10; ....
Onewe getalle: 1; 3; 5; 7; 9; ....
Priemgetalle (alle natuurlike getalle wat slegs deelbaar deur 1 en die getal self is): 2; 3; 5; 7; 11; 13; 17; …
Saamgestelde of deelbare getalle (het meer as 2 faktore): 4; 6; 8; 9; 10; …
Vierkant getalle
(Die faktore is dieselfde getal met homself vermenigvuldig): 1 (1x1); 4 (2x2); 9 (3x3); 16 (4x4); …