donderdag 3 juli 2025

Wiskundige terme

 Ek plaas dit op die blog net sodat julle dit kan gebruik as julle in SA is. 

'n Groot aantal tegniese woorde en terme wat in wiskunde ingespan word: 


Bewerkingstekens

+ (plus)  - (minus) × (maal) ÷ (deel).

27 + 19 = 46 
212 - 88 = 124

63 × 9 = 567

1008 ÷ 18 = 56

Verwantskapstekens

gelyk aan   (=); groter as (>)  kleiner as (<).

15 > 1,5  (15 is groter as 1,5)

3,3 km = 3 300m  (3,3 km is gelyk aan 3 300 m)

50 g < 0,5 kg  (50 g is kleiner as 0,5 kg)

Som van / vermeerder / totaal
Die som van 23 en 47 is 70.

As mens 32 met 87 vermeerder, kry mens 119.

Die totaal van 56 en 76 is 132.

Verskil / verminder / - (minus)

Die verskil tussen 24 en 69 is -45.

As mens 244 met 46 verminder kry mens 198.

Produk van / vermenigvuldig / × (maal)

Die produk van 17 en 22 is 374.

As mens 11 en 334 vermenigvuldig kry mens 3674.

Deler / deeltal / kwosiënt / ÷ (deel)

12 (deeltal) ÷ 3 (deler) = 4 (kwosiënt)

15 (deeltal) ÷ 4 (deler) = 3 res 3 (kwosiënt)

Veelvoude

Veelvoude is getalle waarin die gevraagde getal presies kan indeel.

V3 (veelvoude van 3): 3; 6; 9; 12; 15; 18; ....

V12 (veelvoude van 12):  12; 24; 36; 48; 60; 72; ....

Faktore

'n Faktor is 'n heelgetal wat presies in 'n spesifieke getal indeel (sonder 'n res).

F8 (faktore van 8):  1; 2; 4; 8

F15 (faktore van 15): 1; 3; 5; 15

Magte

'n Mag dui die hoeveelheid keer aan wat 'n getal met homself vermenigvuldig moet word.

2² (2 tot die mag 2) beteken: 2 × 2

7³ (7 tot die mag 3) beteken: 7 × 7 × 7

Getalle

 'n Ander woord vir syfers / nommers.
Natuurlike getalle (N):  1; 2; 3; 4; 5; 6; ....

Telgetalle (N0): 0; 1; 2; 3; 4; 5; ....

Heelgetalle (Z): -3; -2; -1; 0; 1; 2; 3; ....

Ewe getalle: 2; 4; 6; 8; 10; ....

Onewe getalle: 1; 3; 5; 7; 9; ....

Priemgetalle (alle natuurlike getalle wat slegs deelbaar deur 1 en die getal self is): 2; 3; 5; 7; 11; 13; 17; …

Saamgestelde of deelbare getalle (het meer as 2 faktore): 4; 6; 8; 9; 10; …

Vierkant getalle
 (Die faktore is dieselfde getal met homself vermenigvuldig): 1 (1x1); 4 (2x2); 9 (3x3); 16 (4x4); …

 

woensdag 2 juli 2025

Psalm 150


Psalm 150

HALLELUJA! Loof God in sy heiligdom, loof Hom in sy sterk uitspansel!
Loof Hom oor sy magtige dade, loof Hom na die volheid van sy grootheid!
Loof Hom met basuingeklank, loof Hom met harp en siter;
loof Hom met tamboeryn en koordans, loof Hom met snarespel en fluit;
loof Hom met helder simbale, loof Hom met klinkende simbale!
Laat alles wat asem het, die HERE loof! Halleluja!




Die vriendelike voëlverskrikker




 

Rekenaar gerelateerde woorde

aanhegsel -   bijlage
aanlyn -  online
aflaai -  download
blad/ bladsy -    ‘page‘
drukbare weergawe  -  printable
ikoon -  pictogram
kanselleer -  annuleren ('cancel')
kliek   - click
rekenaarstelsel -  computer systeem
koekie -  cookie
lêer(s) -  bestand(en)
rekenaar -  computer
selfoon  -  mobiel (telefoon)
skakel -  link
skootrekenaar -  laptop
stoor -  opslaan
tuisblad -  home
voorskou -  weergawe
webwerf/webwerwe -  website/websites

O HEER VERGEWE MIJ

Hierdie man sing ook die afrikaans baie mooi en duidelik... hy en sy vrou het nog baie meer mooi liedjies. 

As julle die liedjies lekker saamsing wat ek die komende dae gaan stuur, kan julle die afrikaans nog weer bietjie terughaal voor julle vertrek.. 




op YOU TUBE :

Ek staan skuldig voor U Heer,
voor U, mij Vader wat regeer
ek is need’rig in my hart
en my siel is so verward
en my lewe is vuil voor u troon

Koor:
o Heer vergewe my;
o Heer kom maak my vry van die sondelas;
 o kom na my om dit skoon te was,
want ek wil weer vlek’loos voor U staan!

Die wijn en die brood wat ek nou neem
is ‘n teken van vergifnis en van seën;
al die liefde binne mij kom en borrel in my vry
en die oorsaak is die Gees wat in my bly.

Koor….

o Heer vergewe my
o Heer kom maak my vry van die sondelas;
o kom na my om dit skoon te was,
vergewe my !
o Heer vergewe my!
o  Heer kom maak my vry van die sondelas !
o  kom na my om dit skoon te was
want ek wil weer vlek’loos voor U staan!


ja, ek wil weer vlek’loos voor U staan!

woensdag 18 juni 2025

‘n Emmer tande vir ‘n hospitaal holbekke



Let wel- engelse woorde en streektaal staan kursief. Sien onder die swart teks vir die streektaal uitspraak versie. 

KORTOM 
‘n Emmer tande vir ‘n hospitaal holbekke
- die storie van 27 November 2012
Ek stuur die geluidsopname met epos. 

1. Die storie in goeie Afrikaans

In ’n hospitaal - waar krankheid en ellende nie ontuis is nie - smaak dit my is snaaksigheid ook nie juis ’n vreemdeling nie.
En snaaks is mos nêrens snaakser as dáár waar hy nie verwag word nie. Veral as hy boonop sommer bloot net gebeur, of onvermoeds gebeur laat word.
Iets van dié aard het daar op ’n keer in ’n Randse hospitaal plaasgevind.  Daar daag ’n leerlingverpleegstertjie op.  En hoe die prosedure presies werk, weet ek nie, maar om haar touwys te maak, moes sy glo allerlei soorte werkies doen.

Dit moet saam met die ander groentjies op ’n sekere vloer beddens opmaak, potte en panne leeg maak, waterglase vol maak, en so aan.
So met verloop van tyd kom daar nuwe en ingewikkelder opdragte by.

Op ‘n môre roep die ou hoofsuster daar in een van die gange af : “Hêi, jy,” -nursie-sus-en-so-  kom hier!”
 “Ja suster?” vra die leerlingverpleegstertjie.
“Vat nou hierdie vloer van ‘n kant af en maak al die mense wat valstande het, se tande skoon. Al die gange s’n.”
En toevallig was daar op dié vloer baie oumense.
En die verpleegstertjie vaar ‘n gang daar af.
In die eerste kamer, of saal, is daar 3 glase tande.  Dié vat sy soos ’n wafferse kelner wat sy storie met bierdra ken en stryk daarmee aan na die kombuisietjie  of wasplek, en sy spring daar by die wasbak aan die tande.
Waarmee en hóé weet ek nie, maar sy maak skoon en sy sit die stelle terug in die glase en gooi skoon water in, en wikkel daarmee na hulle ou drie holbekbase toe.

In die volgende saal is daar ’n stuk of vyf mense met kunstande.
En dié klomp glase is toe te veel om met een slag te dra. Maar die verpleegstertjie is ’n praktiese kind en sy los hulle net so en sy begeef haar na die kombuis toe en kry daar ’n emmer in die hande. Dié maak sy so amper halfpad vol water en sy’s weer die gang af.  

Die emmer sit sy voor die deur neer en sy’s die saal daarin, en sommer so twee-twee dra sy die glase tande daar uit en gooi die stelle in die emmer water en gaan sit die leë glase weer by hulle-se base neer.

So maak sy saal vir saal in die gang af leeg en pak daarna die sygange.
Na ’n ruk wil die emmer oorloop. Sommer in die naaste badkamer gooi sy ’n klomp van die water af om plek te maak vir nóg tande. 
Uiteindelik het sy die hele vloer se alle stelle tande in die emmer.
En dit was ook net-net of die emmer was te klein.
In die waskamer tap sy ’n klomp water in die bak en keer die emmer daarin om.
Dié maak sy op sy beurt so ’n kwart-vol skoon water en sit dit eenkant neer, en val met die skoonmaak weg.  Plaat vir plaat tande vat sy so ligweg in die wasbak raak, en gooi dit in die emmer.
Nie lank nie, of die hele emmer tande is skoon.
En toe sal die stomme kind sien die een praktyk bots met die ander praktyk….
Waffer onderstel pas by waffer bo-stel… en waffer heel stel by waffer bed in waffer saal?
… en dan’s daar nog ’n probleem: party mense het net bo- en ander net ondertande; party weer ’n halwe plaat met hake en twee tande,  of drie, of vier of hoeveel tande dan ook. In wie se haasbekgetrekte mond pas wat?

Sy wonder nog “hoe nóú?”, toe staan die ou hoofsuster langs haar.
“Het jy klaar met die tande?”
“Ja, Suster, ek is klaar, maar ek het nou moeilikheid. Ek verdwaal tussen hierdie klomp tande.”
“Nou wie’t so blerrie klomp tande in sy mond?”
“Dis die hele vloer s’n, Suster!”
Wat die hoofsuster hierna gesê het pas nie juis by tande en monde nie. Maar daar was nie genade nie; die ontbyt was op pad!

Hulle pak die hele spulletjie tande op ’n tafel uit en probeer soek bo- en ondermaters wat by mekaar pas.

Maar dis moeilik om uit te maak watter groottes en skeeftes en kleure by mekaar hoort; dit wissel van pêrelwittes tot pruimtwakbruines, van kleintjies soos ’n muis s’n tot by beitels soos dié van ’n perd, van yslike bakke tot dié wat hoort by ’n verkrimpte gesiggie. 

Hulle kry ’n klomp uitgesoek wat lyk na pare, en ’n groot klomp enkeles bly oor.

In ’n horde hospitaalglase word hulle op ’n trolley gesit.

“Toe, stoot die spul van saal tot saal en laat die mense self uitsoek, laat hulle kan eet; ek stuur die kos op jou hakke agterna!”

En die verpleegstertjie vlie(g) daar weg.
Daar word gekies, maar as die een holbekmens nog spook om sy tande in te kry, skoert die verpleegstertjie al na die volgende een toe.

Alles geskied in die haas.

En die mense kry kos en hulle val weg.

Party worstel voort; party ander haal die tande uit en ry- soos die Rehoboth-Basters in my wêreld sou sê -  op die rims.
Maar die borde was nog nie behoorlik weg nie, toe begin lui die klokke.  Dit smaak omtrent na Oujaarsnag om twaalfuur uur in ‘n groot stad.
Die ou hoofsuster sê vir die ander susters en die verpleegsters sy wil self die klagtes aanhoor en dan verduidelik en besluit wat om te doen.

En sy loop ’n kamer in waar twee omies lê.
Ja, waarmee kan sy help? Die klok is mos gelui.

“Suster, wat met my tande gebeur het, weet ek nie. Dit smaak my of ek vanmôre met ’n paar skeeftgetrapte skoene probeer kou het”, beduie die een ou.

Die ander een sê: “Suster, was myne maar soos ’n paar skeefgetrapte skoene. Ek het om my brekfiseiertjie ’n dans uitgevoer, jy kan sê met ’n nommer-vyf-pantoffel en ’n nommer-elf-army-boot”.  
“Haal uit!” sê die hoofsuster.  “Daar moet ’n fout gekom het. Ek sal hulle nóu laat wegvat.”

Sy is nog aan die inloop in die volgende saal, toe begin praat ’n ou tante al: “Ai my kind, ek was dan nou net aan die beter word, en nou voel ek so mismoedig. Dis kompleet of my bo-kop gekrimp het. My tandvleis kom nie in die gleuf van my tande in nie. Ek byt al op die bo-plaat se verhemelte langs.”

’n Ander een kla dat sy met haar onderkakebeen buite die stelletjie om byt.
 “Suster, ek had aanmekaar die tande en die kos deurmekaar, dit was op ’n nerf na, of ek sluk die hele spulletjie in.”
“Nee, daar’s fout!” beduie die hoofsuster. “Gee net kans, dan kom die ding reg”.

In ’n ander saal het ’n ou oom sy tande uit en hy korrel om te probeer uitmaak wat hy sien.
“Suster, ek het nie my leesbril hier nie, maar dis die hardste eier wat ek in my leefdag geëet het. Ek het ’n stuk tussen my tande ingebyt en ek kan hom nou wragtig nie uitkry nie”.
“Dis loutere goud, Oom!” sê die hoofsuster ná sy self van naby gekyk het.
Die oubaas is daaroor meer vies as wat hy sou wees as hy moes weet dat hy met geleende tande geëet het.
 “Maar ek het mos nie gevra julle moet goud daar insit nie?”
 “Wag, Oom, dit kom nou-nou reg! Ek laat haal die stukkie goud weer uit!”.

Die volgende kamer se patiënt het nie die ontbyt heelhuids oorleef nie.
“Suster,  jy moet vir my hier ’n dokter kry om my tong te lap. Hy’s so toiingrig, soos ’n sak waarmee ’n klomp kleinhonde ’n nag omgespeel het.
“Ek kon vanmôre byt soos ek wil, maar dit bly verkeerd”.

Die suster beloof verligting!

Langsaan gaan dit insgelyks nie beter nie.
“Suster, my troue ou malers het vanmôre die gees gegee. Dit smaak my die nursie het hulle skoon gekook en toe in ’n trek neergesit laat hulle kon afkoel! Kyk hoe oorhoeks is hulle. Ek kou dat ek bars, maar ek kry nooit meer as net twee tande op ’n slag bo mekaar nie!”.
“Net ‘n bietjie geduld, en die oorhoeksheid is daarmee heen!”,  beduie die hoofsuster.

En so sluit die een treurmare by die ander aan.
Een ou tante probeer haar mond toe kry, maar sy bly glimlag van oor tot oor.
’n Ander se lippe vou rolle voor sy nog die tande opmekaar het.
Nog een lyk of sy haar kieste opgeblaas het.
’n Ander een se gesig is skeef.

Een ou oom het niks in sy mond nie.
“Waar is die tande dan vanmôre, oupa?” wil die suster weet.
“Jy moet maar hier op die vloer in die blik kyk. Ek het hulle weggesmyt! Ek het van die vervloekste goed nog net pyn en smarte gehad van die dag dat ek hulle gekry het, maar vanmôre is hulle meer erg. Toe sê ek: Dis die laaste, weg is julle! ”.

Sy ou kamermaat sê: “Ja, en myne voel vanmôre soos twee bekrekkers wat ek hier glyk in my mond het. Ek is lus en raak van hulle ook ontslae”.

Nou ja, dit was al teen middagete se stryk, toe spook die hoofsuster en die leerlingverpleegster nog steeds om vir party van die stelle tande base te kry. “

Toe sê die leerlingverpleegster : “Suster, vandag het ek baie geleer! Ek sal môre slimmer wees. Ek sal eers al die bo-tande was; dan kan ek mos op die ondertande pas waffer die regte is. En dan vat ek weer die ondertande”.

 “Ja” sê die ou hoofsuster, “ek het ook vandag iets geleer, en dis dat jy liewer in ’n hotel moet loop werk soek, waar jy kan skoene skoonmaak, want as hulle deurmekaar raak, hoef hulle darem nie ná elke aanpas gewas te word nie!”.

2. Die storie soos dit voorgelees word: 
NB dit is geskryf deur iemand uit Suidwes, 'n streek waar afrikaans anders uitgespreek word, baie plat, en hulle ry op die klanke.  

In ’n hospitaal - waar krankheid en ellende nie ontuis is nie - 
smaak dit my is snaaksigheid ook nie juis ’n vreemdeling nie. 
En snaaks is mos nêrens snaakser as daar waar hy nie verwag 
word nie; veral as hy boonop sommer bloot net gebeur, ofonver— 
moeds gebeur laat word. 

Iets van die aard het daar op ’n keer in ’n Randse hospitaal 
plaasgevind. 

Daar daag ’n leerlingverpleegstertjie op. En hoe die prosedure 
presies werk, weet ek nie, maar om haar touwys te maak, moes sy 
glo allerlei soorte werkies doen. 

Dit moet saam met die ander groentjies op ’n sekere vloer beddens 
opmaak, potte en panne leeg maak, waterglase vol maak, en so 
aan. 

En so met verloop van tyd kom daar nuwe en ingewikkelder op- 
dragte by. 

Op ’n more roep die ou hoofsuster daar in een van die gange af: 
“Hêi, jy,” - nursie-sus-en-so- “kom hier.” 

“Ja, Suster?” vra die leerlingverpleegstertjie. 

“Vat nou hierdie vloer van ’n kant af en maak allie mense wat 
valstanne het, se tanne skoon. Allie gange s’n.” 

En toevallig was daar op die vloer baie oumense. 

En die verpleegstertjie vaar ’n gang daar af. 

In die eerste kamer of saal is daar drie glase tande. Dié vat sy soos 
’n wafferse kelner wat sy storie met bierdra ken en stryk daarmee 
aan na die kombuisietjie of wasplek en sy spring daar by die was- 
bak aan die tande. Waarmee en hóé weet ek nie, maar sy maak 
skoon en sit die stelle trug in die glase en gooi skoon water in en 
wikkel daarmee na hulle ou drie holbekbase toe. 

In die volgende saal is daar ’n stuk of vyf mense met kunstande. 

En dié klomp glase is toe te veel om met een slag te dra. 

Maar die verpleegstertjie is ’n praktiese kind en sy los hulle net so 

en sy begeef haar na die kombuisie toe en kry daar ’n emmer in die 
hande. Dié maak sy so amper halfpad vol water, en sy’s weer die 
gang af. 

Die emmer sit sy voor die deur neer en sy’s die saal daar in en 
sommer so twee-twee dra sy die glase tande daar uit en gooi die 
stelle in die emmer water en gaan sit die leë glase weer by hulle-se 
base neer. 

So maak sy saal vir saal in die gang af leeg en pak daarna die 
sygange. 

Na ’n ruk wil die emmer oorloop. 

Sommer in die naaste badkamer gooi sy ’n klomp van die water af 
om plek te maak vir nog tande. 

Uiteindelik het sy die hele vloer se alle stelle tande in die emmer. 

En dit was ook net-net of die emmer was te klein. 

In die waskamer tap sy ’n klomp water in die bak en keer die 
emmer daarin om. 

Dié maak sy op sy beurt so kwart-vol skoon water en sit dit een- 
kant neer, en val met die skoonmaak weg. 

Plaat vir plaat tande vat sy so ligweg in die wasbak raak, en 
gooi dit in die emmer. 

Nie lank nie of die hele emmer tande is skoon. 

En toe sal die stomme kind sien die een praktyk bots met die 
ander praktyk. . 

Waffer onderstel pas by waffer bo-stel en waffer heel stel by waffer 
bed in waffer saal? 

En dan’s daar nog ’n probleem: party mense het net bo- en ander 
net ondertande; party weer ’n halwe plaat met hake en twee 
tande, of drie, of vier of hoeveel tande dan ook. In wie se haas- 
bekgetrekte mond pas wat? 

Sy wonder nog hoe nóú, toe staan die ou hoofsuster langs haar. 
“Het jy klaar met die tanne?” 

“Ja, Suster, ek is klaar, maar ek het nou moeilikheid. Ek verdwaal 
tussen hierdie klomp tanne.” 

“Nou wie’t so ’n bleddie klomp tanne in sy mond?” 

“Dis die hele vloer s’n, Suster.” 

Wat die hoofsuster hierna gesê het, pas nie juis by tande en
monde nie. Maar daar was nie genade nie; die ontbyt was op pad.
Hulle pak die hele spulletjie tande op'n tafel uit en probeer soek
bo- en ondermaters wat by mekaar pas.

Maar dis moeilik om uit te maak watter groottes en skeeftes en
kleure by mekaar hoort; dit wissel van pêrelwittes tot pruimtwakbruines, van kleintjies soos'n muis s'n tot by beitels soos dié van 'n perd, van yslike bakke tot dié wat hoort by'n verkrimpte gesiggie. 

Hulle kry'n klomp uitgesoek wat lyk na pare, en'n groot klomp
enkeles bly oor.

In 'n horde hospitaalglase word hulle op'n trollie gesit.

“Toe, stoot die spul van saal tot saal en laat die mense self uitsoek,
lat hulle kan eet; ek stuur die kos op jou hakke agterna.”

En die verpleegstertjie vlie daar weg.

Daar word gekies, maar as die een holbekmens nog spook om sy
tande in te kry, skoert die verpleegstertjie al na die volgende een
toe.



Alles geskied in die haas.

En die mense kry kos en hulle val weg.

Party worstel voort; party ander haal die tande uit en ry - soos die
Rehoboth-Basters in my wêreld sou sê - op die rims.

Maar die borde was nog nie behoorlik weg nie, toe begin lui die
klokke. Dit smaak omtrent na Oujaarsnag om twaalfuur in 'n
groot stad.

Die ou hoofsuster sê vir die ander susters en die verpleegsters sy
wil self die klagtes aanhoor en dan verduidelik en besluit wat om
te doen.

En sy loop'n kamer in waar twee omies lê.

Ja, waarmee kan sy help? Die klok is mos gelui.

“Suster, wat met my tanne gebeur het, weet ek nie. Dit smaak my
of ek ve'môre met'n paar skeefgetrapte skoene probeer kou het,”
beduie die een ou.



Die ander een sê: “Suster, was myne maar soos 'n paar skjeefgetrapte skoene. Ek het om my brekfiseiertjie 'n dans uitgevoer, jy
kan sê, met 'n nommer-vyf-pantoffel en 'n nommer-elf-army- 
boot.” 

“Haal uit!” sê die hoofsuster. “Daar moet 'n fout gekom het; ek sal 
hulle nóú laat wegvat.” 

Sy is nog aan die inloop in die volgende saal, toe begin praat 'n ou 
tante al: 

“Ai, my kind, ek was dan nou net aan die beter word, en nou voel 
ek so mismoedig. Dis kompleet of my bo-kop gekrimp het. My 
tandvleis kom nie innie gleuf van my tanne in nie; ek byt al op die 
bo-plaat se verhemelte laans.” 

'n Ander een kla dat sy met haar onderkakebeen buite die stelle- 
tjie om byt. 

“Suster ek had aanmekaar die tanne ennie kos deurmekaar. Dit 
was op nerf na of ek sluk die hele spulletjie in.” 

Nee, daar's fout, beduie die hoofsuster. Gee net kans, dan kom die 
ding reg. 

In 'n ander saal het 'n ou oom sy tande uit en hy korrel om te pro- 
beer uitmaak wat hy sien. 

“Suster, ek het nie my leesbril hier nie. Maar dis die hardste eier 
wat ek in my leefdag geëet het. Ek het 'n stuk tussen my tanne in- 
gebyt en ek kan hom nou wragtag nie uitkry nie.” 

“Dis loutere goud, Oom,” sê die hoofsuster ná sy self van naby 
gekyk het. 

Die oubaas is daaroor meer vies as wat hy sou wees as hy moes 
weet dat hy met geleende tande geëet het. 

“Maar ek het mos nie gevra julle moet goud daar insit nie.” 

“Wag, Oom, dit kom nou-nou reg; ek laat haal die stukkie goud 
weer uit.” 

Die volgende kamer se pasiënt het nie die ontbyt heelhuids oorleef 
nie. 

“Suster, jy moet vir my hier 'n dokter kry om my tong te lap. Hy”s 
so toiingrig soos 'n sak waarmee 'n klomp kleinhonne 'n nag 
omgespeel het. 

“Ek kon vammôre byt soos ek wil, maar dit bly verkeerd.” 

Die suster beloof verligting. 

Langsaan gaan dit insgelyks nie beter nie:

“Suster, my troue ou malers het ve'môre die gjees gegjee.

“Dit smaak my die nursie het hulle skoon gekook en toe in 'n trek
neergesit lat hulle kon afkoel.



“Kyk hoe oorhoeks is hulle. Ek kou lat ek bars, maar ek kry nooit
meer as net twee tanne op 'n slag bo mekaar nie.”

Net 'n bietjie geduld en die oorhoeksheid is daarmee heen, beduie
die hoofsuster.

En so sluit die een treurmare by die ander aan.

Een ou tante probeer haar mond toe kry, maar sy bly glimlag van
oor tot oor.

'n Ander se lippe vou rolle voor sy nog die tande op mekaar het.

Nog een lyk of sy haar kieste opgeblaas het; 'n ander een se gesig
is skeef.

Een ou oom het niks in sy mond nie.

“Waar is die tanne dan vanmôre, oupa?” wil die suster weet.

“Jy moet maar hier op die vloer in die blik kyk. Ek het hulle
weggesmyt. Ek het vannie vervloekste goed nog net pyn en smarte
gehad vannie dag lat ek hulle gekry het. Maar vanmôre is hulle
meer erg. Toe sê ek: Dissie laaste; weg is julle.”

Sy ou kamermaat sê: “Ja, en myne voel ve'môre soos twee bekrekkers wat ek hier glyk in my mond het. Ek is lus en raak van hulle ook ontslae.”

Nou ja, dit was al teen middagete se stryk, toe spook die hoofsuster en die leerlingverpleegster nog steeds om vir party van die stelle tande base te kry.

Toe sê die leerlingverpleegster: “Suster vandag het ek baie
geleer. Ek sal môre slimmer wees. Ek sal eers allie bo-tanne was;
dan kan ek mos op die onnertanne pas waffer die regte is. En dan
vat ek weer die onnertanne.”

“Ja” sê die ou hoofsuster, “ek het ook vandag iets geleer, en dis
lat jy liewer in 'n hotel moet loop werk soek, waar jy kan skoene
skoonmaak. Want as hulle deurmekaar raak, hoef hulle darem nie
ná elke aanpas gewas te word nie.”



Huiswerk vir les 5

 1. Woordelys  bladsy 9 en 10.

   en... rekenaar gerelateerde woordelys... sien hieronder...
 Toets daaroor in les 5.


2. Presentasie voorberei… al grootliks gedoen in les 4 
ALGEMEEN: - Skryf dit goed en stuur so vinnig moontlik na my epos adres; dan sal dit heen-en weer gaan tot dit goed is;  ek sal jou help om foute uit te haal, en verbeterings te maak. Uiteindelik sal ons toewerk na ’n presentasie sonder foute.
Moet dit nie uitstel tot die laaste dae nie, want dit sal heelwat heen en weer gestuur moet word vir verbeteringe.
Ek gee jou wel aanwysings, maar jy moet self die foute uithaal.

Dan sal jy dit uit jou kop moet leer om dit in les 5 te kan vertel.



Rekenaar gerelateerde woordelys: 


aanhegsel                     bijlage
aanlyn                           online
aflyn                              offline
aflaai                             download
blad/ bladsy                 ‘page‘
drukbare weergawe    printable
ikoon                              pictogram
kanselleer                     annuleren
kliek                               click
rekenaarstelsel             computer systeem
koekie                            cookie
lêer(s)                            bestand(en)
rekenaar                       computer
selfoon                          mobiel (telefoon)
skakel                             link
skootrekenaar              laptop
stoor                              opslaan
tuisblad                         home
voorskou                       weergawe
webwerf/webwerwe   website/websites

dinsdag 17 juni 2025

Skema van die uitgang -e vir byvoeglike naamwoorde

 Skema van die uitgang -e vir byvoeglike naamwoorde

Byvoeglike naamwoord is :
meerlettergrepig     wel -e
eenlettergrepig        nie -e nie behalwe as dit eindig op s,d,f,g


Uitsondering!
elk kry wel uitgang -e, dus bv. elke kind
alle kleure kry nie uitgang -e nie
    bv 'n grys lug, blou lug, wit lug ensovoorts



Psalm 105


Psalm 105 vers 1-11


Loof die HERE, roep sy Naam aan, maak onder die volke sy dade bekend.

Sing, psalmsing tot sy eer, spreek van al sy wonders.

Beroem julle in sy heilige Naam; laat die hart van die wat die HERE soek, bly wees.

Vra na die HERE en sy sterkte; soek sy aangesig altyddeur.

Dink aan sy wonders wat Hy gedoen het, aan sy wondertekens en die oordele van sy mond, o nageslag van Abraham, sy kneg, o kinders van Jakob, sy uitverkorenes!


Hy, die HERE, is onse God; oor die hele aarde is sy oordele.

Hy dink vir ewig aan sy verbond, aan die woord wat Hy ingestel het vir duisend geslagte- die verbond wat Hy met Abraham gesluit het, en sy eed aan Isak;
wat Hy ook vir Jakob as insetting bekragtig het, vir Israel as 'n ewige verbond,
met die woorde: Ek sal aan jou die land Kanaän gee, julle aangewese erfdeel.


Die Onse Vader

Onse Vader wat in die hemele is,
laat u Naam geheilig word.
Laat u koninkryk kom.
Laat u wil geskied,
soos in die hemel net so ook op die aarde.
Gee ons vandag ons daaglikse brood,
En vergeef ons ons skulde,
soos ons ook ons skuldenaars vergewe.
En lei ons nie in versoeking nie,
maar verlos ons van die Bose.
Want aan U behoort die koninkryk en die krag
en die heerlikheid tot in ewigheid.

Amen

woensdag 4 juni 2025

Jy stel jouself voor...

 Jy stel jouself voor ...en vertel alles oor jouself onder die volgende tema's:


(Jy mag ook self aanvul as jy wil)

Stel jouself voor.
- naam, leeftyd, gebore in, waar jy bly, hoeveel kinders julle is by die huis, stokperdjies, ken jy iemand in SA.

Studierigting.
hoekom het jy die rigting gekies, wat hoop jy te bereik, moeilike dinge in hierdie beroep, mooi dinge in hierdie beroep.

Proefloop in Suid Afrika.
Woonplek in SA, waar is skool, tipe skool, hoe lank, rede vir keuse Suid Afrika, wat is jou verwagtinge, wat hoop jy te leer,  

Afrikaans.
waar jy dit geleer het, was dit moeilik, kan jy dit al goed praat, wat sou jy nog meer wil leer,

Vervoer.
Gaan jy ’n kar huur, is dit duur? , linksry, moet jy skool toe ry? , kar gehuur vir net vakansie?, hou jy van karry?

Vakansie.
planne, waarnatoe, hoe lank, hou jy van die see, hou jy van warm weer? (miskien in vergelyking met die weer in Nederland)

Veiligheid.
Uitgaan, restaurant, aand, oordag, langs die pad,

Huiswerk vir les 4

ONTHOU: jy kan alles altyd terug soek op die blog AfrikaansvirVIAA



1. Afrikaanse woordelys:
Leer bladsy 7 en 8; julle kry hieroor 'n toets aan die begin van les 4!

2. OpSTAP minicursus Afrikaans;
bladsy 88 tot 102
Vat dit saam klas toe!! Verdeel die bladsye oor die aantal dae, en doen elke dag 'n gedeelte.
Ek wil die huiswerk op papier, en indien moontlik ook via epos hê.
Ek sal die oefeninge nog behandel in les 4.

3. Skryf die teks waarin jy jouself voorstel 
Sien die tema's in die ander epos wat jy kry hierna.
Sodra jy dit klaar geskryf het stuur dit asseblief in 'n WORD-dokument, dan kan ek sien of jy al goed vorder. 
Julle gaan dit voordra in les 5..
Ek sal julle begelei daarin om dit reg te kry sonder foute in die komende weke.







dit gaan ons verbeter in die klas

Hierdie is my huiswerk.

Goedemôre,
Hier myn huiswerk in 'n lêer. 
Die lêer bevat opdrag 2 en 4.
Met vriendelijke groet


****

Ek het die huiswerk gestuur. Het u die huiswerk nie gezien?

Ek sal het nog een keer stuur.

Daar is nie 'n whiteboard. 

Maar in 'n lokaal naby is 'n whiteboard. 

Ek sal sorg dat ek die in H406 krijg! 

Ja, ek het tyd om die drukwerk te gaan haal! 
Ek sal dat doe. 

In die bylage die huiswerk voor die les van môre.


Hierdie my huiswerk vir les 3. 


Ek heb mijn huiswerk in die bijlage gezet. 


In lokaal H105 is Een beamer vir die laptop en ‘n whiteboard.  Dus H105 is gereserveer in plaats van C008! 

Ons wil sorry zeggen voor die onduidelijkheid.
Ons snap er nie veel meer van nie. 
Soveel epos en verschillende berichte.


En ons wil dan Dinsdag die ander lesse plan met ekaar.
Is dat goe vir jou?

Ek sal die liedjie leren uit die kop. 

Dis is’n geruime tyd gelede dat ons met mekaar gepraat het via die epos. Die volgende week gaan ek naar Suid-Afrika toe vir 4 weke .

 Hierdie huiswerk.

In de bijlage vindt je mijn opdrachten voor de afrikaanse les 3.

Hierdie huiswerk vir die les.


in de bijlage staat mijn document met huiswerk voor afrikaans.
wat over mijzelf vertellen heb ik nog niet helemaal af, maar zou daar graag in de les tijd aan willen besteden als dat kan?


dinsdag 3 juni 2025

Afrikaans moeilik??

Nee, Nederlands is moeilijk !

Kijk maar naar dit gedicht!

Men spreekt van één lot, en verschillende loten,
maar 't meervoud van pot is natuurlijk geen poten.
Zo zegt men ook altijd één vat en twee vaten,
maar zult u ook zeggen: één kat en twee katen?
Laatst ging ik vliegen, dus zeg ik vloog.
Maar zeg nou bij wiegen beslist niet: ik woog,
want woog is nog altijd afkomstig van wegen,
maar is dan 'ik voog' een vervoeging van vegen?
Wat hoort er bij 'zoeken'? Jazeker, ik zocht,
en zegt u bij vloeken dus logisch: ik vlocht?
Welnee, beste mensen, want vlocht komt van vlechten.
En toch is ik 'hocht' niet afkomstig van hechten.
En bij lopen hoort liep, maar bij kopen geen kiep.
En evenmin zegt men bij slopen 'ik sliep'.
Want sliep moet u weten, dat komt weer van slapen.
Maar fout is natuurlijk 'ik riep' bij het rapen.
Want riep komt van roepen. Ik hoop dat u 't weet
en dat u die kronkels beslist niet vergeet.
Dus: kwam ik u roepen, dan zeg ik 'ik riep'.
Nu denkt u: van snoepen, dat wordt dan 'ik sniep'?
Alweer mis, m´n beste. Maar u weet beslist,
dat ried komt van raden, ik denk dat u 't wist.
Komt bied dan van baden? Welnee, dat wordt bood.
En toch volgt na wieden beslist niet 'ik wood'.
'Ik gaf' hoort bij geven, maar 'ik laf' niet bij leven.
Dat is bijna zo dom als 'ik waf' hoort bij weven.
Zo zegt men: wij drinken en hebben gedronken.
Maar echt niet: wij hinken en hebben gehonken.
't Is moeilijk, maar weet u: van weten komt wist,
maar hoort bij vergeten nou logisch vergist?
Juist niet, zult u zeggen, dat komt van vergissen.
En wat is nu goed? U moet zelf maar beslissen:
hoort bij slaan nu: ik sloeg, ik slig, of ik slond?
Want bij gaan hoort: ik ging, niet ik goeg of ik gond.
En noemt u een mannetjesrat nu een rater?
Dat geldt toch alleen bij een kat en een kater.
U ziet, onze taal beste dames en heren,
is, net als ik zei, best moeilijk te leren

Psalm 146



 

Die uitnemendheid van die liefde - 1 Korintiërs 13

Die uitnemendheid van die liefde

Al sou ek die tale van mense en engele spreek, en ek het nie die liefde nie, dan het ek 'n klinkende metaal of 'n luidende simbaal geword.

En al sou ek die gawe van profesie hê en al die geheimenisse weet en al die kennis, en al sou ek al die geloof hê, sodat ek berge kon versit, en ek het nie die liefde nie, dan sou ek niks wees nie.

En al sou ek al my goed uitdeel, en al sou ek my liggaam oorgee om verbrand te word, en ek het nie die liefde nie, dan sou dit my niks baat nie.

Die liefde is lankmoedig en vriendelik; die liefde is nie jaloers nie; die liefde praat nie groot nie, is nie opgeblase nie, handel nie onwelvoeglik nie, soek nie sy eie belang nie, word nie verbitterd nie, reken die kwaad nie toe nie, is nie bly oor die ongeregtigheid nie, maar is bly saam met die waarheid.

Dit bedek alles, glo alles, hoop alles, verdra alles.

Die liefde vergaan nimmermeer; maar profesieë -- hulle sal tot niet gaan; of tale -- hulle sal ophou; of kennis -- dit sal tot niet gaan.
Want ons ken ten dele en ons profeteer ten dele.

Maar as die volmaakte gekom het, dan sal wat ten dele is, tot niet gaan.

Toe ek 'n kind was, het ek gepraat soos 'n kind, gedink soos 'n kind, geredeneer soos 'n kind; maar nou dat ek 'n man is, het ek die dinge van 'n kind afgelê.
Want nou sien ons deur 'n spieël in 'n raaisel, maar eendag van aangesig tot aangesig. Nou ken ek ten dele, maar eendag sal ek ten volle ken, net soos ek ten volle geken is.

En nou bly geloof, hoop, liefde -- hierdie drie; maar die grootste hiervan is die liefde.